Seldjoekse Ryk: Middeleeuse ryk

Die Seldjoekse Ryk was ’n Middeleeuse Turks-Persiese ryk.

Dit was in beheer van ’n groot gebied van die Hindoekoesj tot Oos-Anatolië en van Sentraal-Asië tot die Persiese Golf. Van hul tuislande naby die Aralmeer het hulle eers in Chorasan en toe in Persië inbeweeg voordat hulle eindelik Oos-Anatolië verower het.

Seldjoekse Ryk
Seldjoekse Ryk: Middeleeuse ryk
1037 – 1194
Ligging of Seldjoeke
Ligging of Seldjoeke
Die Seldjoekse Ryk op sy hoogtepunt in 1092
Hoofstad Nishapur
(1037–1043)
Rey
(1043–1051)
Isfahan
(1051–1118)
Hamadan, Westelike hoofstad (1118–1194)
Merv, Oostelike hoofstad (1118–1153)
Taal/Tale Persies (amptelike en die hof se taal; omgangstaal)
Oghusies-Turks (dinastiese en militêre taal)
Arabies (taal van leer en godsdiens)
Regering Monargie
Sultan
 - 1037–1063 Toeghril I (eerste)
 - 1174–1194 Toeghril III (laaste)
Historiese tydperk Middeleeue
 - Gevestig 1037
 - Toeghril Beg I stig die staatstelsel 1037
 - Vervang deur die Chorasmiede 1194
 - Ontbind 1194

Geskiedenis

Die ryk is in 1037 deur Toeghril Beg (1016–63) gestig. Hy is deur sy oupa, Seldjoek-Beg, grootgemaak wat ’n hoë posisie in die Turkse staat Oghuz Yabgu beklee het. Seldjoek se naam is gebruik vir die ryk sowel as die dinastie. Die Seldjoeke het die verbrokkelde politieke toneel van die oostelike Islamitiese wêreld verenig en ’n sleutelrol gespeel in die Eerste en Tweede Kruistog. Hul kultuur en taal was in ’n groot mate Persies en hulle het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die Turks-Persiese tradisies. Die vestiging van Turkse stamme in die noordwestelike streke van die ryk, vir die strategiese militêre doel om invalle van buurstate af te weer, het gelei tot die turkifisering van dié gebiede.

Verval

Ahmad Sanjar (1097 tot 1118) het te doen gekry met opstande in verskeie dele van die ryk, sowel as nomadiese volke wat die ryk binnegeval het. In 1141 is die Seldjoeke verslaan en die leër het groot verliese gely. Hierna het hul aansien baie afgeneem en hulle het al hul oostelike provinsies verloor.

Die Koninkryk van Georgië en die Armeense Koninkryk van Silisië het ook in dié tyd sterk magte geword en hul grense uitgebrei tot nadeel van die Seldjoeke. In 1194 het die Seldjoekse Ryk eindelik geval. In die middel van die 13de eeu het die Mongoolse Ryk Anatolië binnegeval en dit in kleiner emirate verdeel. Eindelik het een van dié emirate, die Ottomane, magtig geword en die res van die gebied verower.

Verwysings

Tags:

AnatoliëAralmeerAsiëHindoekoesjMiddeleeusePersiese GolfPersië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OranjerivierSuid-Afrikaanse WeermagVoegwoordKarakteriseringKunsmatige intelligensieOlifantAuschwitz-konsentrasiekampGeboorteMaagsweerEl (lengtemaat)AtoomSikloonTrevor ManuelLandbouHoenderRamsar-vleilande in Suid-AfrikaHoërskool OuteniquaMisdaadromanArmoedeverligtingSwemPretoriaElektrisiteitsvoorsieningJakobKompasSelfmoordMusieksimboleEnsiklopedieAlliterasieBestuiwingEmfiseemCorioliskragWiskundige terminologieDeelstate van die Verenigde State van AmerikaVermontLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGreen PornoBreinvliesontstekingJagluiperdHibernasieOutismeKoolhidraatOnderwysMusiekteaterSosiale mediaPampoentjiesRina HugoHemelvaartWaterkringloopEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)PaasfeesKasteel die Goeie HoopBonné de BodKoggelmanderFrankrykHolocaustHoofkarakterJeuksiekteKaapstadse waterkrisis 2015-2018NiemetaalSeksismeSirkelTennisKlimaatveranderingHamilton WesselsSomerBelvidere Holy Trinity-kerkDoelwitSpringbokkePersKarooKaapstadBosvarkSiya KolisiKonjunktivitisVerstedeliking🡆 More