Seevolke

Seevolke is ’n term wat gebruik word om ’n konfederasie van seevarende nasies te beskryf wat moontlik in óf Wes-Anatolië óf Suid-Europa ontstaan het, in besonder die streek om die Egeïese See.

Hulle het in die oostelike deel van die Middellandse See rondgevaar en Anatolië, Sirië, Kanaän, Siprus en Antieke Egipte aan die einde van die Bronstydperk binnegeval.

N35
G1
N25
t Z2ss
N35
G40
M17M17Aa15
D36
N35AN36
N21
"van die see" in die Groot Karnak-inskripsie
verwys na die Ekwesj, Sjekelesj en Sjerden
(n3 ḫ3s.wt n<.t> p3 ym)
in hiërogliewe

Die term word deur moderne geleerdes gebruik om te verwys na nege groepe volke, hoewel die beskrywing "van die see" (Egipties: n3 ḫ3s.wt n<.t> p3 ym) in ’n historiese verband net verwys na drie: die Ekwesj, Sjekelesj en Sjerden. Die identiteit van die Seevolke is steeds onduidelik en moderne geleerdes het net stukke van antieke dokumente en argeologiese ontledings om hulle te lei.

Die term peuples de la mer is in 1855 die eerste keer gebruik deur die Franse Egiptoloog Emmanuel de Rougé.

Die nege groepe wat beskou word as moontlike Seevolke is, in alfabetiese volgorde, die:

  • Denjen, wat deur sommiges verbind word met die Griekse Danaërs en deur ander met die Israelitiese stam Dan
  • Ekwesj, moontlik ’n groep Achajers van die Bronstydperk
  • Loekka, ’n Anatoliese volk van die Egeïese See
  • Peleset, moontlik die Filistyne / Pelasgers
  • Sjekelesj, moontlik ’n Italiese volk van Sisilië
  • Sjerden, dalk van Sardinië of Sardis
  • Teresj, moontlike voorvaders van die Etruskers (Tyrseners)
  • Tjeker, 'n woord wat wisselvallig met Teresj gebruik word, en waarskynlik dieselfde beteken
  • Wesjesj, waarskynlik die mense van Iasos

Daar is geen bewyse van die migrasie van hele volke in enige dokumente van dié tyd nie, maar geleerdes glo aan verskeie vertolkings van ’n "migrasiehipotese". Die meeste geleerdes glo die Seevolke het Siprus, die Hetitiese Koninkryk en die Levant binnegeval.

Verwysings

Tags:

AnatoliëAntieke EgipteBronstydperkEgeïese SeeKanaänMiddellandse SeeSiprusSiriëSuid-Europa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GestremdheidMiddelmisbruikInnes en Franna BenadéNaaldekokerMark (ekonomie)ChristendomDoelwitPoësieKongo-krisisLiefdeHernubare energiePerdebyeFilistyneInfeksieEkonomie van Suid-AfrikaMiddeloorontstekingDonkieRuslandGeldAfrikaanse woordelys en spelreëlsHidroëlektrisiteitJo BlackBoontjieWithaaiDiatomiese molekuulGalblaasSendelingposisieBoomslangFiela se kind (rolprent)FacebookVerbondsarkRumatiekKartografieOu Apostoliese KerkCarike KeuzenkampVioolHoofpynLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAnglo-BoereoorlogAdolf HitlerMonoloogJakkalsNiemetaalByFamilie (verwantskap)MielieWaterbesparing in Suid-AfrikaSonkragRugbySublimasieVlag van Suid-AfrikaVeelvoudige sinLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWaterstofAsemhalingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaInternetCleopatra VIIHartseerDaggaLys van Griekse mitologiese figureBywoordVerenigde State van AmerikaWeer (meteorologie)VakbondGasEerste WêreldoorlogLugbesoedelingVingerseksSwartkwasmuishondErosietipesHortologieKalenderKlein-Karoo🡆 More