Seeperd

'n Seeperd is enige van 46 spesies klein mariene visse in die Hippocampus genus.

Die woord "Hippocampus" kom van Ou Grieks Sjabloon:Transliteration (ἱππόκαμπος), wat self van Sjabloon:Transliteration (ἵππος) kom, wat "perd" beteken en Sjabloon:Transliteration (κάμπος) wat "see monster" beteken of "see dier".

Seeperd
Tydperk: Mioseen tot hede – 23–0 m. jaar gelede
Seeperd
Hippocampus hippocampus
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Actinopterygii
Orde: Syngnathiformes
Familie: Syngnathidae
Subfamilie: Hippocampinae
Genus: Hippocampus
Rafinesque, 1810
Tipespesie
Hippocampus heptagonus
Rafinesque, 1810
Spesies

Sien teks.

Sinonieme
  • Acentronura Kaup, 1853
  • Farlapiscis Whitley, 1931
  • Jamsus Ginsburg, 1937
  • Macleayina Fowler, 1907
  • Phyllopteryx Swainson 1839

Met 'n kop en nek wat soos 'n perd lyk, seeperde het ook gesegmenteerde benige wapenrusting, 'n regop houding en 'n gekrulde vatstert. Saam met die pypvisse en seedrake (Phycodurus en Phyllopteryx) vorm hulle die Syngnathidae familie.

Hierdie diertjies swem gewoonlik met die romp in 'n vertikale houding, maar hulle kan ook op hul rûe swem as hulle vinniger wil beweeg.

Seeperd
Hippocampinae

Wanneer hy rus, anker die dier hom met sy grypstert aan ’n voorwerp, net soos 'n slingeraap aan 'n tak. Die buidelsak van die mannetjie kom in sy stert voor. Gedurende die paartyd word 'n sponsagtige weefsel hierin gevorm wat die eiers van voedsel en suurstof moet voorsien. Die eiers besit geen ander bron van suurstof nie; die buidelsak is so lugdig dat dit selfs opswel indien daar dooie larwes in is wat 'n verrottingsgas laat ontstaan.

Die sponsagtige weefsel vervul dus in baie opsigte dieselfde funksie as die plasenta by soogdiere. Wanneer die larwes uit die eiers kom, bly hulle 'n tyd lank in die buidelsak voordat die mannetjie hulle deur die opening van die sak na buite pers. Die uitpers gaan gepaard met krampagtige bewegings wat aan 'n ware geboorteproses herinner.

Net soos in die geval van die kangaroe is die kleintjies na vrylating uit die buidelsak nie volkome onafhanklik nie; by die geringste teken van gevaar vlug hulle terug na die mannetjie. Die seeperde maak slegs op kriptiese kleurpatrone staat vir beskerming en geensins op vaart nie. Daar is geskat dat 'n seeperd met ’n maksimum snelheid van 0,5 cm per sekonde swem. Die algemene status van seeperde is onseker. Sommige mense reken dat die langneusseeperd (Hippocampus guttulatus) algemeen voorkom vanaf Wes-Afrika tot by Wes-Europa.

Ander reken weer dat die seeperde wat in bogenoemde gebied voorkom, almal kortneusseeperde (Hippocampus hippocampus) is en dat hulle hoofversamelpunt die Middellandse See is. In soutwaterakwaria word meestal net van die groter, eksotiese spesies aangehou, soos die geelseeperdjie (Hippocampus kuda) en die groot seeperd (Hippocampus hudsonius), wat meer as 20 cm lank kan word. Laasgenoemde diertjie het beroemdheid verwerf as die eerste seevis wat in 'n akwarium voortgeplant het.

Die kleintjies groei baie vinnig en kan so goed van verwonding herstel dat 'n geamputeerde vin na selfs twee weke vervang is. Die grootste sukses ten opsigte van die aanteel van hierdie tipe vis in gevangenskap is met die dwergseeperd (Hippocampus zosterae) behaal. Hierdie diertjies is uiters goed aangepas vir lewe in die Golf van Meksiko.

Hulle bereik ’n maksimumlengte van 5 cm. Hoewel baie seeperdspesies met "maanhare", horinkies en ander uitsteeksels getooi is, is nie een spesie so ontwikkeld soos die groot rafelvis (Phyllopteryx eques) of die klein rafelvis (Phyllopteryx foliatus), wat albei velflappe (velvoue) besit nie. Dit verhoog hul oorlewingskans tussen die seewiere, aangesien albei spesies baie soos die seewiere lyk.

Spesies

Gebaseer op die nuutste algehele taksonomiese oorsig van die Hippocampus genus met verdere nuwe spesies en gedeeltelike taksonomiese oorsig,die aantal erkende spesies in hierdie genus word as 46 beskou (sedert Mei 2020):

Seeperd 
H. kuda
Seeperd 
H. subelongatus
Seeperd 
H. whitei
  • Hippocampus abdominalis Lesson, 1827
  • Hippocampus algiricus Kaup, 1856
  • Hippocampus angustus Günther, 1870
  • Hippocampus barbouri Jordan & Richardson, 1908
  • Hippocampus bargibanti Whitley, 1970
  • Hippocampus breviceps Peters, 1869
  • Hippocampus camelopardalis Bianconi, 1854
  • Hippocampus capensis Boulenger, 1900
  • Hippocampus casscsio Zhang, Qin, Wang & Lin, 2016
  • Hippocampus colemani Kuiter, 2003
  • Hippocampus comes Cantor, 1850
  • Hippocampus coronatus Temminck & Schlegel, 1850
  • Hippocampus dahli J. D. Ogilby, 1908
  • Hippocampus debelius Gomon & Kuiter, 2009
  • Hippocampus denise Lourie & Randall, 2003
  • Hippocampus erectus Perry, 1810
  • Hippocampus fisheri Jordan & Evermann, 1903
  • Hippocampus guttulatus Cuvier, 1829
  • Hippocampus haema Han, Kim, Kai & Senou, 2017
  • Hippocampus hippocampus (Linnaeus, 1758)
  • Hippocampus histrix Kaup, 1856
  • Hippocampus ingens Girard, 1858
  • Hippocampus japapigu Short, R. Smith, Motomura, Harasti & H. Hamilton, 2018 (Japanese pygmy seahorse)
  • Hippocampus jayakari Boulenger, 1900
  • Hippocampus jugumus Kuiter, 2001
  • Hippocampus kelloggi Jordan & Snyder, 1901
  • Hippocampus kuda Bleeker, 1852
  • Hippocampus minotaur Gomon, 1997
  • Hippocampus mohnikei Bleeker, 1854
  • Hippocampus nalu Short, Claassens, R. Smith, De Brauwer, H. Hamilton, Stat & Harasti, 2020 (South African pygmy seahorse or Sodwana pygmy seahorse)
  • Hippocampus paradoxus Foster & Gomon, 2010
  • Hippocampus patagonicus Piacentino & Luzzatto, 2004
  • Hippocampus planifrons Peters, 1877
  • Hippocampus pontohi Lourie & Kuiter, 2008
  • Hippocampus pusillus Fricke, 2004
  • Hippocampus reidi Ginsburg, 1933
  • Hippocampus satomiae Lourie & Kuiter, 2008
  • Hippocampus sindonis Jordan & Snyder, 1901
  • Hippocampus spinosissimus Weber, 1913
  • Hippocampus subelongatus Castelnau, 1873
  • Hippocampus trimaculatus Leach, 1814
  • Hippocampus tyro Randall & Lourie, 2009
  • Hippocampus waleananus Gomon & Kuiter, 2009
  • Hippocampus whitei Bleeker, 1855
  • Hippocampus zebra Whitley, 1964
  • Hippocampus zosterae Jordan & Gilbert, 1882

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

Seeperd SpesiesSeeperd VerwysingsSeeperd BronnelysSeeperd Eksterne skakelsSeeperd

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NederlandBreinkaartAandagstreepAkademiaLionel MessiDirekte en Indirekte redeOseaanSeksismeLemoenStereotipeWeskusYstertydperkDesmond TutuCarles PuigdemontCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaJuan Antonio VillacañasTekstielGamelanBorskankerKindersiektesSteenkoolBrittany Ashton HolmesResensieGevolge van aardverwarming op oseaneNelson MandelaKunsmisStrykysterSlag van Cuito CuanavaleGordelroosDigvormPlaattektoniekInfeksieAkroniemMierSkoenlapperHeks van HexrivierBeeldspraakIslamitiese StaatDansAfkortingVingerseksDriedimensioneelAardedagKolonoskopieSuid-EuropaMuskeljaatkatKunsmatige algemene intelligensieMieliestronkProstaatkankerHannes van WykSamestellingKlimaatveranderingYslandInentingViëtnamMisdaadMasturbasieGemeenskapsorganisasieApostoliese GeloofsbelydenisSeksposisieSout (chemiese stof)GedigKappie (skryfteken)NetbalNamibiëVlinderGenitale vratEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBeurtkragMynbedryf van Suid-AfrikaStedelike hitte-eilandCristiano RonaldoHarry PotterAfleiding (taalkunde)Kaapse florarykOraniaNarsismeOranjerivier🡆 More