Seekos

Seekos is enige vorm van seelewe wat deur die mens as voedsel beskou word.

Seekos sluit duidelik vis en skulpvis in. Skulpvis sluit verskeie spesies van weekdiere, skaaldiere en stekelhuidiges in. Histories is soogdiere in die see, soos walvisse en dolfyne ook as kos verbruik, maar dit gebeur deesdae in 'n mindere mate. Eetbare seeplante, soos seewiere, kelp en mikro-alge, word oral oor die wêreld geëet as seekos, veral in Asië.

Seekos
Seekos is enige voedsel wat uit die see gehaal word.
Seekos
'n Gestoomde garnaal

Die oes van wilde seekos staan ​​bekend as hengel en die verbouing van, en boerdery met seekos, staan ​​bekend as akwakultuur, marikultuur, of in die geval van vis, visboerdery. Seekos word dikwels onderskei van vleis, maar dit is nog steeds dierlike produkte en uitgesluit van 'n streng vegetariese dieet. Seekos is 'n belangrike bron van proteïen in baie diëte dwarsoor die wêreld, veral in die kusgebiede.

Die meeste van die seekosvangste word deur mense verbruik, maar 'n groot deel word ook as viskos gebruik om ander visse of plaasdiere mee te voer. Sommige seekos (kelp) word gebruik as voedsel vir ander plante (bemesting). Op hierdie manier word seekos indirek gebruik om verdere voedsel vir menslike verbruik te produseer. Natuurlike produkte soos visolie en spirulina tablette word ook onttrek uit seekos. Sommige seekos word gebruik om akwariumvisse en troeteldiere, bv. katte te voed. 'n Kleiner persentasie word gebruik in medisyne, of word in die nywerheid gebruik vir nie-voedingdoeleindes (soos leer).

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AsiëDolfynPlantSkaaldierSoogdierStekelhuidigesVisVoedselWalvisWeekdiereWêreld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KommunikasieDistrik SesBruin menseHipoteseRomanJaco JacobsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalMobutu Sese SekoAandagstreepMaroela MediaPaarl GimnasiumAgtergrond (narratief)BloemfonteinTweede Nuwe JaarRenosterSwart menseKappie (skryfteken)GrondbewerkingSamespanningKlimaatsverandering in AfrikaYstervarkFabelDolfynAtoomNiemetaalGalileo GalileiMetafoorKarakteriseringLys van myne in Suid-AfrikaSosiale mediaAluminiumOssewaNetbalIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieRugbyElon MuskStaatstoelaePikkewynMaagsweerKaliumJan van RiebeeckIronieJansenvilleDuitse maselsLys van Suid-Afrikaanse musikanteGeskiedenis van erotiese afbeeldingsSendelingposisieUnited Democratic FrontKoos du PlessisGoudKolorektale kankerVolhoubaarheidWayde van NiekerkRubik se kubusAfrikaanse woordelys en spelreëlsFaf de KlerkMenseregteBoor (element)SirkelKlinkerPeter SnydersKunsStrykysterMagneetJeuksiekteImpakte van toerismeGeweldDieremishandelingSaartjie BaartmanKaapse florarykSeekoeiNag van die lang messe🡆 More