Schweizer-Reneke is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Schweizer-Reneke Mamusa | |
---|---|
Klas 19-stoomlokomotief in Schweizer-Reneke | |
Koördinate: 27°11′0″S 25°20′0″O / 27.18333°S 25.33333°O 25°20′0″O / 27.18333°S 25.33333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Mamusa |
Stigting | 1885 |
Oppervlak | |
• Totaal | 22,75 km2 (8,78 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 41 226 |
• Digtheid | 1 812/km2 (4 690/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 2.4% |
• Swart mense | 92.5% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 86.2% |
• Afrikaans | 5.8% |
• Sotho | 2.2% |
• Engels | 1.8% |
• Ander | 4.0% |
Poskode (strate) | 2780 |
Poskode (posbusse) | 2780 |
Skakelkode | 053 |
Die dorp is in 1885 gestig op die plek van 'n inheemse nedersetting, Mamusa. Dit is vernoem na kaptein Schweizer en veldkornet Renecke, wat in 1885 tydens 'n ekspedisie teen die plaaslike stam om die lewe gebring is. Daar was gevegte in die omgewing tydens die Anglo-Boereoorlog, toe onder meer die NG kerkpastorie van ds. G.F.C. Faustmann, eerste leraar van die plaaslike gemeente, afgebrand is.
Die distrik is 4 065 km2 groot. Vandag is dit 'n boerderysentrum met mielies, sorghum, grondbone en sonneblomsaad die belangrike produkte wat verbou word. Die Wentzeldam in die Hartsrivier is net noord van die dorp.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Schweizer-Reneke, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.