Saxonwold is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika.
Dit is in Johannesburg se E-streek geleë, 5 km noord van die stadsaal, noord van die Johannesburgse Dieretuin en die Oorlogsmuseum, suid van Rosebank, en oos van Parkwood.
Saxonwold | |
---|---|
Die Anglo-Boereoorlogmonument in Saxonwold | |
Koördinate: 26°9′23″S 28°2′26″O / 26.15639°S 28.04056°O 28°2′26″O / 26.15639°S 28.04056°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,58 km2 (1,00 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 2 557 |
• Digtheid | 991/km2 (2 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 58.2% |
• Indiërs/Asiërs | 9.5% |
• Bruin mense | 2.8% |
• Swart mense | 27.4% |
• Ander | 2.1% |
Taal (2011) | |
• Engels | 67.9% |
• Afrikaans | 11.0% |
• Zoeloe | 4.7% |
• Tswana | 3.5% |
• Ander | 12.9% |
Skakelkode | 011 |
Saxonwold is aangelê op die plaas Braamfontein en op 11 Maart 1925 geproklameer. Die gebied is oorspronklik deur die Eckstein-myngroep gekoop en in die 1890's met 3 miljoen denne- en bloekombome beplant deur Eduard Lippert, 'n deskundige van Sachsenwald, die Bismarck-landgoed in Duitsland. Ook die plaaslike woud het die naam Sachsenwald (Saksewoud) gekry. Saxonwold is 'n verengelsing van die Duitse naam. Benewens die voorstad Saxonwold, is ook die voorstede Forest Town, Parkwood, Rosebank en die Dieretuin aangelê op die gebied wat die woud vroeër beslaan het.
Vanaf die vroeë 2000's tot hul vlug in 2018 het die Guptafamilie in die Sahara Estate in Saxonwold gewoon.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Saxonwold, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.