Satyagraha Huis

Die Satyagraha Huis, algemeen bekend as die Gandhi Huis, is 'n museum en gastehuis in Johannesburg.

Satyagraha Huis
'n Beeld van die museum.
Die Kraal

Ander name Gandhi Huis
Plek Johannesburg
Land Suid-Afrika
Openingsjaar 1 Januarie 2007
Tipe museum Geskiedkundige museum
Webtuiste www.satyagrahahouse.com

Die huis, waar hy tussen 1908 en 1909 gewoon het, het aan Mahatma Gandhi behoort. Dit word beskou as deel van Johannesburg se kultuurhistoriese erfenis. Satyagraha beteken "volhouding by die waarheid". Die huis is deur argitek Hermann Kallenbach vir homself en Gandhi ontwerp.

Geskiedenis

Satyagraha Huis 
Gandhi, Sonia Schlesin (Gandhi se sekretaris), Hermann Kallenbach
Satyagraha Huis 
Plate

Gandhi het 21 jaar in Suid-Afrika gewoon – van 1893 tot 1914, en het daartydens Indië en Groot-Brittanje besoek. Gandhi het volgens seker bronne die eerste keer bewus geword van rasse-diskriminasie in Suid-Afrika toe hy by Pietermaritzburg se spoorwegstasie gearresteer is omdat hy in 'n treinwa gery het wat vir blankes gereserveer was.

In 1904 het Gandhi Hermann Kallenbach, 'n Duitse Joodse argitek, ontmoet, wat in 1896 in die land aangekom het. In 1907 het Kallenbach 'n huis ontwerp, op twee plaaslike rondawels gebaseer, maar gebou volgens Europese boumetodes. Dit word die Kraal genoem.

Die huis het stalle en 'n tennisbaan gehad, maar Gandhi en Kallenbach het 'n lewe van meditasie en onthouding gelei. Gandhi het in 'n solderkamer gebly, wat hy met 'n leer bereik het, maar hy en Kallenbach het 'n kombuis gedeel en hulle gaste in die woonkamer onthaal. Die huise het nie deure tussen hulle gehad nie, sodat dit nodig was om een huis te verlaat om die ander binne te gaan. Kallenbach se lewe is ingrypend verander deur die tyd wat hulle saam deurgebring het, en hy het sy persoonlike uitgawes gesny tot 'n tiende van wat dit was. Nadat hulle die huis in 1909 verlaat het, het dit verskeie eienaars gehad voordat dit in 2009 deur die Franse reismaatskappy Voyageurs du Monde bekom is, ten spyte van die feit dat die Indiese regering dit wou koop om dit as 'n Indiese nasionale monument te bedryf. Die Franse maatskappy het dit gerestoureer, en dit in 2011 as 'n gastehuis aan die publiek oopgestel.

Die museum word deur Lauren Segal bedryf; sy bestuur ook ander museums, insluitende die Apartheidsmuseum.

Verwysings

Eksterne skakels

28°4′28″O / 26.15250°S 28.07444°O / -26.15250; 28.07444

Tags:

ArgitektuurGastehuisHermann KallenbachJohannesburgMahatma GandhiMuseum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ElandréVolhoubaarheidAfrikanerweerstandsbewegingHernubare energiePankreasBevolkingAppel (sanger)HoenderTsoenamiKunselementeOmtrek, oppervlakte en volumeRekeningkundeWapen van Suid-AfrikaNedersettingPubiese hareOligopolieKultuurKoedoeJode in Suid-AfrikaAnglisismeBernice WestSpinnekopSprokieGeldLys van nedersettings in Suid-AfrikaErektiele disfunksieKatCholeraKaapse florarykTrappe van vergelykingMadison IvyWeervoorspellingMeningsverskil oor aardverwarmingEuropaVaginaToestand van materieGrondwet van Suid-AfrikaNoag se arkAkroniemMasturbasie1990Innes en Franna BenadéGeskiedenis van Suid-AfrikaFinansiële staatSlawernyLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Byvoeglike naamwoordRooibokLJakkalsKaaps-Hollandse stylLongontstekingLys van Nederlandse skildersDroogteWieg van die MensdomNasiebouPornografieInflasieKindersiektesDokterMiddeloorontstekingDemokratiese Republiek die KongoVerenigde State van AmerikaMuishondDrie-eenheidGalileo GalileiVlagterminologieKlimaatveranderingAanpassingskapasiteitVoegwoordSmaakMIV/vigs in Suid-AfrikaKrampGenitale vratOlifantAfleiding (taalkunde)Spreeu🡆 More