Sarah Gertrude Millin

Sarah Gertrude Millin (gebore Liebson 19 Maart 1889 – Johannesburg, 6 Julie 1968) was ’n Suid-Afrikaanse skrywer.

Sarah Gertrude Millin
Sarah Gertrude Millin
Sarah Gertrude Millin
Gebore
Sarah Gertrude Liebson

(1889-03-19)19 Maart 1889
Žagarė, Litaue
Sterf6 Julie 1968 (op 79)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer
EggenootPhilip Millin

Millin is gebore in Žagarė, in die Kowno-goewerneurskap in die destydse Russiese Ryk (nou Litaue) as een van ’n gesin met sewe kinders. Vyf maande later het haar ouers, Isaiah en Olga, na Suid-Afrika geïmmigreer as van die 40 000 Jode uit Litaue en omstreke wat van 1881 tot die begin van die Eerste Wêreldoorlog na Suid-Afrika gekom het.

Die gesin het hulle op Beaconsfield by Kimberley gevestig. In 1894, toe sy ses jaar oud was, het hulle na die diamantdelwery aan die oewers van die Vaalrivier in Griekwaland-Wes verhuis, waar haar vader ’n winkel geopen het. Dié omgewing sou as die agtergrond van baie van haar skryfwerk dien, wat ’n liefde getoon het vir die Suid-Afrikaanse landskap en ’n afkeer van die armoede en haglike omstandighede waaronder die meeste delwers gewoon het.

Nadat sy in 1904 aan die Hoër Meisieskool Kimberley gematrikuleer het, het sy besluit om nie 'n beurs te aanvaar om haar naskoolse studie aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad voort te sit nie, maar om musiek in Kimberley te studeer. Sy het ’n klavieronderwysdiploma verwerf, maar nooit dié loopbaan beoefen nie. Reeds van die ouderdom van ses jaar af was sy daarvan oortuig dat sy bestem was om ’n skrywer te wees; van kleins af het sy kortverhale geskryf. Van haar eerste werke het in die jare van 1910 tot 1912 in koerante verskyn.

Op 1 Desember 1912 is sy getroud met Philip Millin en het die paartjie hulle in Johannesburg gevestig. Philip, ’n advokaat wat later ’n regter in die hooggeregshof geword het, het haar aangespoor om haar droom van ’n skrywersloopbaan te bewaarheid. Hy is oorlede weens hartversaking terwyl Millin pas begin skryf het aan haar outobiografie, The Measure of My Days. Dit het haar diep geraak. Sy is in Johannesburg oorlede.

Bronne

  • Snyman, J.P.L.: The writings of Sarah Gertrude Millin. Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 18, no.2, Desember 1968.
  • (en) Jewish Women's Archive. URL besoek op 13 November 2017.


Tags:

188919 Maart19686 JulieJohannesburgSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FacebookVrystaatGalblaasSiya KolisiRenaissanceGriekwa-AfrikaansStokely CarmichaelSomerSkaapSpringbokkeAanpassingskapasiteitGoudkus (streek)GedigSkaakGautengJuraSleutel (musiek)HeuningbySelakantAarde se atmosfeerNelson MandelaLetterlike en figuurlike taalgebruikMielieKrugerwildtuinBywoordMorfologie (taalkunde)Vaginale kankerAnrich HerbstSwartkwasmuishondBoelieryLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierWesterse filosofieSpoorvervoer in Suid-AfrikaStudievaardighedePriemfaktorTienie HollowayStereotipeSkisofrenieGoudKitaarDesmond TutuMiltHeks van HexrivierBTWBaälWerkwoordSan Andreas-breukE-posGeelhoutSoogdierPretoriaMaatskappyVrouFisiese oefeningGestremdheidHondeklipbaaiNasionalismeSwaweldioksiedNierversakingPseudowetenskapInkomsteMassaKunsAngina pectorisRosa ParksAkademiaProvinsies van Suid-AfrikaHortologieDigvormKappie (skryfteken)BiodiversiteitAfvalbestuurFeminismeDriehoekBlomOnderwys🡆 More