Die witmosselkraker (Sparodon durbanensis) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom.
Dit staan ook bekend as 'n witbiskop, sandbloue, sandstompkop, beenbek of 'n silwersteenbras en in Engels as die White musselcracker.
Witmosselkraker | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Sparodon |
Spesie: | S. durbanensis |
Binomiale naam | |
Sparodon durbanensis (Castelnau, 1861) | |
Sinonieme | |
Sandstompkop |
Die vis is silwergrys van kleur met 'n uitermate groot kop, die pens is wit, die vinne donkerder en die kieudeksels (operkulum) is swarterig.
Die vis kom voor op rotsbodems aan die strandgebied. Die vis word tot 1,2 m lank en weeg dan 23 kg. Dit is 'n gewilde rotshengelvis en eetvis.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Witmosselkraker, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.