Die sandessenhout (Xylia torreana) is 'n mediumgrootte (10 m hoë) inheemse Suid-Afrikaanse boom.
Dit kom ook in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek voor. In die Krugerwildtuin kom dit slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van die Pafurigebied (langs die Mosambiekse grens) en die sandveld noordwes van Punda Maria-ruskamp. Die boom se FSA-nommer is 192.
Sandessenhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoid klade |
Genus: | Xylia |
Spesie: | X. torreana |
Binomiale naam | |
Xylia torreana Brenan, (1957 gepubl. 1958) |
Karakteristiek kom ses blaarpaartjies per blaarsteel, tot 20 cm lank, voor. Groot blare (tot 10 x 4 cm), glad en haarloos aan bokant, maar dig harig aan onderkant van blaarblad. Jong blaarkleur is rooibruin, maar verander na donkergroen wanneer volwasse.
Die boom dra 'n groot hoeveelheid klein, geurige blommetjies met witterige meeldrade en geel uitlopers. Die saadpeule vertoon as breë "pangas", baie hard en donkerbruin wanneer ryp, harig, tot 10 x 5 cm in deursnee.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sandessenhout, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.