Sand Du Plessis-Teaterkompleks

Die Sand du Plessis-teaterkompleks is geleë in Markgraaffstraat, Bloemfontein.

Dit is ’n groot, veeldoelige teatersentrum wat op 1 Augustus 1985 geopen is as die tuiste van die Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat (Sukovs). Dit beslaan ’n hele straatblok en bestaan uit twee formele ruimtes. Dit is genoem na Sand du Plessis, eertydse administrateur van die Vrystaat. Die hoofingenieur van die projek was Henk Boting.

Sand du Plessis-teaterkompleks
Stad of dorp Bloemfontein
Land Suid-Afrika
Sitplekke Sowat 1 260
Geopen 1 Augustus 1985

Die hoofteater het 964 sitplekke en kan aangepas word vir groot aanbiedings van drama, musiekspele, popkonserte, opera, ens. Dit is geopen met Verdi se Nabucco en Shakespeare se The Merchant of Venice.

André Huguenet-teater

’n Tweede ruimte in die teater is genoem na die Suid-Afrikaanse akteur André Huguenet, wat in Bloemfontein gebore is. Dit is ’n kleiner, eksperimentele teater met 300 sitplekke en kan ook dien as ’n TV-ateljee. Dit is in 1985 geopen met twee Afrikaanse produksies, Bloedbruilof deur Lorca op 28 Augustus en Don Juan onder die Boere deur Bartho Smit op 4 September.

Skaatsplankry

Die teatergebou is ook bekend as die skaatsplankpark van Bloemfontein. Skaatsplankryers kom elke Saterdag hier byeen om saam hul sport te beoefen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sand Du Plessis-Teaterkompleks André Huguenet-teaterSand Du Plessis-Teaterkompleks SkaatsplankrySand Du Plessis-Teaterkompleks VerwysingsSand Du Plessis-Teaterkompleks Eksterne skakelsSand Du Plessis-Teaterkompleks1 Augustus1985BloemfonteinSukovs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Verenigde State van AmerikaWoudJan van RiebeeckBTWGeskiedenis van Suid-AfrikaKunsmatige algemene intelligensieMIVLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KorrupsieGedigJakkalsDiamantAngina pectorisMiljardWater (molekuul)WoordeskatMantisLabia (geslagsdele)Loftus MaraisLangste woordNicole StraussKlem-in-die-kaakAnglo-BoereoorlogSelfstandige naamwoordLys van Griekse mitologiese figureInkomsteLeestekenHernubare energieReënSomerMartin Luther King jr.Kaapse VlakteAfrikaanse TaalmonumentByvoeglike naamwoordSuikersiekteAfro-AmerikanersWinterVoegwoordOutismeNaaldekokerEk is 'n Afrikaan (toespraak)SokkerOrtopedieMuskeljaatkatPuberteitGeskiedenis van die BoererepubliekeGetalKasteel die Goeie HoopBevolkingKlimaatsverandering in AfrikaMarsSendelingposisieD.J. OppermanDuitse maselsRonelda KamferSeksuele opwekkingLetterkundeMigrasie van voëlsSelKaapstadPizzaRomanMaagsweerMisdaadAntisemitismeLong1913Apokriewe boekeDurbanGesonde dieetPornografieDesmond TutuSuid-Afrikaanse randTafelbergBek-en-klouseer🡆 More