Samuel Wallis

Samuel Wallis (23 April 1728 in Cornwallis - 21 Januarie 1795 in Londen) was ’n Engelse seevaarder wat om die wêreld geseil het.

Samuel Wallis
Portret van Samuel Wallis deur Henry Stubble, omstreeks 1785.
Samuel Wallis
Kaptein Wallis word deur Tahitiane aangeval.

Wallis is naby Camelford, Cornwallis, gebore. In 1766 het hy met die HMS Dolphin vertrek om saam met die HMS Swallow om die wêreld te vaar. Die twee skepe het geskei geraak kort nadat hulle deur die Straat van Magellaan is. Wallis het na Tahiti geseil en dit die "Koning George die Derde-eiland" genoem. Hy het op 17 Junie 1767 in Matavaibaai geland terwyl dit deur ’n vroulike hoof, "Oberea" (Purea), regeer is. Die eerste kontak was moeilik, want op 24 en 26 Junie het sommige Tahitiane probeer om die skip oor te neem, waarskynlik omdat hulle bang was die Engelse gaan permanent bly of omdat hulle die metaalvoorwerpe aan die skip wou hê. Die matrose het op die kano's en die skares op die heuwels geskiet. Die bewoners van die baai se reaksie op dié kragtige aanval was om vir die Engelse offerandes aan te bied om te wys hulle soek vrede. Hierna het Wallis betrekkinge met Purea aangeknoop en 40 dae lank op die eiland gebly, tot 27 Julie.

Van Tahiti is Wallis na Batavia, waar baie van sy bemanning dood is aan disenterie, en toe via die Kaap die Goeie Hoop na Engeland, waar hy in Mei 1768 aangekom het. Hy kon nuttige inligting aan James Cook verskaf; dié sou kort daarna na die Stille Oseaan vertrek. Van die Dolphin se bemanning het ook saam met Cook geseil.

Die Polinesiese eiland Wallis is na Samuel Wallis genoem.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1728179521 Januarie23 AprilCornwallisEngelandLonden

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VreesAfrikaanse taalleerDeelwoordErektiele disfunksieNatuurbewaringNasionale VrouedagVersamelnaamGeldeenheidHokkieBesoedelingDigvormSwart menseOopbroninhoudSiekteLeonardo da VinciSkaakJan-Willem BreureHulpwerkwoordCorioliskragTopsy SmithKoppeltekenVoortrekkermonumentSenuweestelselVerkleinwoordMobutu Sese SekoRooikatWolfSpringbokkeBewussynOrale seksKookpuntWetenskaplike klassifikasieToestand van materieAdolf HitlerAppel (sanger)Goudkus (streek)NommertekenProksemikaEuropaSoweto-opstandSendelingposisieSkilpadMaagWêreldboekedag22 NovemberNasionaal-SosialismeNoord-Sotho (taal)MantisSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Wet op NaturellengrondAfro-AmerikanersStadSlangAluminiumSiya KolisiNarsismeGetalStilleweIoonHartTekstielHeks van HexrivierStedelike hitte-eilandHeidelberg, GautengKatjieAarde se atmosfeerSias ReineckeWebwerfApokriewe boekeTamatieMotorvoertuigAssonansieLDemokrasie🡆 More