Sambar: Soort takbok

Die sambar of perdhert (Rusa unicolor) is ’n groot takbok wat inheems is aan Indië, Suid-China en Suidoos-Asië.

Die naam "sambar" verwys hoofsaaklik na R. unicolor, hoewel dit soms ook gebruik word om te verwys na ’n paar ander hertsoorte.

Sambar
Sambar: Beskrywing, Verspreiding en ekologie, Subspesies
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Rusa
Spesie:
R. unicolor
Binomiale naam
Rusa unicolor
(Kerr, 1792)
Sambar: Beskrywing, Verspreiding en ekologie, Subspesies
Verspreiding.
Sinonieme
  • Cervus unicolor

Beskrywing

Sambar: Beskrywing, Verspreiding en ekologie, Subspesies 
’n Sambar-ooi en ’n jong rammetjie.

Die voorkoms en grootte van die sambar wissel grootliks deur hul verspreidingsgebied, en dit het in die verlede tot groot verwarring gelei; meer as 40 wetenskaplike sinonieme is al vir die spesie gebruik. Hulle is gemiddeld 102 tot 160 cm hoog by hul skouers en kan tot 546 kg weeg, hoewel die gemiddelde gewig 100 tot 350 kg is. Hulle is sowat 1,62 tot 2,7 m lank. Sambars van die westelike subspesies is meestal groter as dié van die oostelike subspesies, en ooie is kleiner as ramme.

Hulle het groot gewei en die balke vurk aan die punte. Dit is sowat 110 cm lank in volwasse ramme. Ooie het nie gewei nie.

Die pels is enigiets van geelbruin tot donkergrys en is gewoonlik eenkleurig, hoewel sommige spesies se kleure kol-kol kan verskil. Hulle het klein, maar digte maanhare, wat meer prominent by ramme is. Die stert van 22 tot 35 cm is relatief lank vir ’n takbok en is gewoonlik swart bo en wit onder.

Verspreiding en ekologie

Die sambar kom voor in Suid-Asië (tot so ver noord as die hange van die Himalaja), Suidoos-Asië (Birma, Thailand, Indo-China en die Maleise Skiereiland), Suid-China, Taiwan en die eilande van Sumatra en Borneo. Hulle verkies die digte beskerming van bladwisselende struike en grasse, maar dit verskil weens hul groot verspreidingsgebied.

Die diere kom hoofsaaklik in bosgebiede voor en eet ’n groot verskeidenheid plante, onder meer gras, blare, vrugte en waterplante, afhangend van die plaaslike habitat. Hulle eet ook struike en bome.

Sambars se grootste vyande is tiers en leeus. In Indië maak hulle tot byna 60% van die prooi van die Bengaalse tier uit. Hulle word ook deur krokodille en wildehonde aangeval, veral as hulle siek is.

Subspesies

Sambar: Beskrywing, Verspreiding en ekologie, Subspesies 
’n Sambar word in Indië deur wildehonde aangeval.

Die subspesies van Indië en Sri Lanka is die grootste en hulle het die grootste gewei. Die Sumatraanse sambar van die Maleise Skiereiland en Sumatra en die Borneotiese sambar het die kleinste gewei in verhouding met hul liggaamsgrootte. Die Formosaanse sambar is die kleinste Rusa unicolor.

Sewe subspesies word tans erken, hoewel verskeie ander al voorgestel is:

  • R. u. brookei
  • R. u. cambojensis
  • R. u. dejeani
  • R. u. equina
  • R. u. hainana
  • R. u. swinhoii
  • R. u. unicolor

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sambar BeskrywingSambar Verspreiding en ekologieSambar SubspesiesSambar VerwysingsSambar Eksterne skakelsSambar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PseudowetenskapGeskiedenis van Suid-AfrikaOmtrek, oppervlakte en volumeKameelperdVervoerVerkragtingWêreld- Ekonomiese ForumFabelAnale seksKonsonantStokely CarmichaelVersamelnaamVaste stofBoelieryInentingBlomHokkieWitbloedselSoogdierLys van elemente volgens simboolWiskundige terminologieMenstruasieVoegwoordDemi Lee MooreSekondêre sektor van die ekonomieRepubliek die KongoFisiese oefeningKaartD.J. OppermanGrondwetPenisKapitalismeLabia (geslagsdele)VoëlEmfiseemSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLys van Nederlandse skildersRudi ClaaseWortelKoolhidraatWikipediaLeeudoringstad-spoorwegrampKimberleyKlein-KarooLidwoordFotosintesePankreasSteenkoolAardverwarmingInfeksieSpysverteringstelselSkaakRekenaarRomanMiddeloorontstekingIndustriële RevolusieSimboolMobutu Sese SekoVryheidsdagGetalSelfkonsepKasteel die Goeie HoopWoordeskatIngrid JonkerSonkragNeurenberg-verhoreJuraVaginaKatoenPersoonlikheidEreksieAfrikaansLetterlike en figuurlike taalgebruik🡆 More