Samaritane

Die Samaritane (Samaritaanse Hebreeus: ࠔࠠࠌࠝࠓࠩࠉࠌ, Sjomerim (שַמֶרִים‬), Bewakers/bewaarders/beleeraars (van die Tora)) is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan die Levant en nes die Jode afkomstig van die Israeliete (of Hebreërs) van die antieke Midde-Ooste.

Vandag is daar sowat 800 Samaritane. Hulle bly in die dorp Kirjat Loeza op Berg Garizim naby Nablus, Wesoewer, en in die Israeliese stad Holon naby Tel Aviv.

Samaritane
Samaritane
Samaritane op Berg Garizim
Totale bevolking: 796 (2017)
Belangrike bevolkings  in: Israel (veral Holon) 415

Kirjat Loeza, Wesoewer (gesamentlike Israeliese en Palestynse beheer) 381

Taal: Moderne omgangstale:

Hebreeus, Arabies
Historiese omgangstale:
Arabies, voorafgegaan deur Aramees en vroeër Hebreeus
Liturgiese tale:
Samaritaanse Hebreeus, Samaritaanse Aramees, Samaritaanse Arabies

Geloofsoortuiging: Samaritaïsme
Verwante etniese groepe: Jode, ander Levantyne en Semitiese volke soos ArabiereAssiriërs
Samaritane
Plekke van die Samaritaanse gemeenskappe in Holon en naby Nablus
Samaritane
Samaritane vier Soekkot op Berg Gerizim, Wesoewer

In die 4de eeu was daar volgens skattings enkele honderdduisende Samaritane, maar na eeue se onderdrukking, slagtings, grootskaalse bekeringe tot Christendom in die laat-Antieke Romeinse Ryk en die opkoms van Islam was daar in 1917 nog 146 Samaritane oor. Die naam van die Samaritane is afgelei van die landstreek Samaria waar dié volk ontstaan het. Hulle noem hulself Sjomerim (Bewakers/bewaarders/beleeraars). Die Samaritane praat moderne Hebreeus of Palestynse Arabies. Vir die liturgie gebruik hulle eie variante van die klassieke Hebreeus en Aramees.

Vir Christene is veral die veral van die "Barmhartige Samaritaan" bekend. Volgens die Evangelie volgens Lukas (10,30–37) het 'n Samaritaan 'n ernstig beseerde man versorg, hom na 'n hospitaal gebring en vir sy verdere mediese behandeling betaal, terwyl 'n Joodse priester en 'n Leviet hom geïgnoreer het. Van hierdie verhaal is die benaming vir 'n onselfsugtige helper en verskeie hulporganisasies afgelei.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepHebreeusHolonIsraelJodeLevantMidde-OosteTel AvivToraWesoewer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Boet TroskieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaTrigeminale neuralgieDoziHartaanvalMusiekLys van veltoestandeGeorgiëMaagSonsteekLys van Afrikaanse rolprenteVermaakBrasiliaanse nasionale rugbyspanAkroniemRenier van RooyenSuid-AfrikaVerenigde State van AmerikaMielieSpookvoëlNarkoseDikdermBorsteCarike KeuzenkampMarita NapierMangelKlein-KarooEuropese Suidelike SterrewagBorsklierOekraïneGoogle MapsSatireRob HersovKarakteriseringPoësieWillie EsterhuizenGianna MichaelsInligtingAngssteuringSelfieAngkor WatTongAfrikaanse woordelys en spelreëlsLys van woestyneVrymesselaryNasiebouKoos BekkerSpelerposisies in rugbyGriepSlag van BloedrivierDuitsOrale seksPuberteitMakazole MapimpiLetterkundeAndré SchwartzVlag van BangladesjOrgasmePankreasRepubliek ArtsachBosluisEngelsSkilpadAardeVaginale kankerMartin BesterBreinvliesontstekingAnette EngelbrechtIerse nasionale rugbyspanNamibië🡆 More