Salvatore Accardo

Salvatore Accardo (Italiaanse uitspraak: ; Ridder van die Groot Kruis gebore op 26 September 1941 in Turyn, noord-Italië) is 'n Italiaanse violis en dirigent wat bekend is vir sy interpretasies van die werke van Niccolò Paganini.

Salvatore Accardo
Salvatore Accardo speel gedurende sy prysgewing geleentheid van "Premio Leonardo" en "Qualità Italia", Palazzo del Quirinale, Rome (Italië), 21/9/2000

Accardo het in die 1950's viool gestudeer in die suid-Italiaanse stad Napels. Hy het op dertienjarige leeftyd sy eerste professionele opvoering gegee met die speel van Paganini se Capricci. In 1958 het Accardo die eerste pryswenner van die Paganini Vioolkompetisie in Genua geword.

Hy het Paganini se 24 Caprices (her-opgeneem in 1999) vir solo viool opgeneem en was die eerste violis om al ses van Paganini se vioolkonserte op te neem. Hy beskik oor 'n uitgebreide platelys van amper vyftig opnames op Philips, Deutsche Grammophon, EMI, Sony Klassiek, Foné, Dynamic, en Warner-Fonit. Van noemenswaardige belang is dat hy 'n plaat van klassieke en kontemporêre werke in 1995 opgeneem het op Paganini se Guarneri del Gesù 1742 viool, Il Cannone. Accardo het in 1992 die Accardo Kwartet gestig en was een van die stigterslede van die Walter Stauffer Akademie in 1986. Hy het die Settimane Musicali Internazionali in Napels gestig sowel as die Cremona Strykinstrument-fees in 1971.

In 1996 was hy aan die hoof van die herstigting van die Orchestra da Camera Italiana (O.C.I.), wat sy lede verkry uit die beste leerlinge van die Walter Stauffer Akademie. Die mees bekendste leerlinge is Alessio Bidoli en Anastasiya Petryshak. Hy het die musiek van Niccolò Paganini opgevoer vir die klankbaan van die 1989 rolprent Kinski Paganini. In die 1970s was hy die leier van die gevierde Italiaanse Kamerorkes" I Musici" (1972-1977). Nadat hy afgestudeer het by die Accademia Musicale Chigiana in Sienna, het hy vanaf 1973 tot 1980 daar onderrig gegee. In 2004 het hy teruggekeer na Sienna, en gee hy nou weereens onderrig by die Accademia Musicale Chigiana.

Accardo besit een Stradivarius viool, die "Hart ex Francescatti" (1727) en het die "Firebird ex Saint-Exupéry" (1718) gehad.

Salvatore Accardo
Salvatore Accardo 1968, foto gewy aan die eerste van drie bekroonde Suider-Afrikaanse toere wat deur Hans Adler georganiseer is. [1]

Eerbewyse

  • Salvatore Accardo  Italië: Grande Ufficiale dell'Ordine al merito della Repubblica italiana (June 1965)
  • Salvatore Accardo  Italië: Cavaliere di Gran Croce dell'Ordine al merito della Repubblica italiana (Oct 1982)
  • Salvatore Accardo  Monaco: Kommandeur van die Orde van Kulturele Verdienstelikheid(Monaco) (November 1999)

Platelys

  • Diabolus in Musica, Accardo interpreta Paganini 1996

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Salvatore Accardo EerbewyseSalvatore Accardo PlatelysSalvatore Accardo VerwysingsSalvatore Accardo Eksterne skakelsSalvatore Accardo194126 SeptemberHulp:IFA/ItaliaansItaliaansItaliëNiccolò PaganiniTurynViolis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TatoeëermerkKoorsblaarPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDulcie van den BerghDieretuinJesus van NasaretTafelbergBaälStres in hoërskoolHeidelberg, GautengMiddeloorontstekingSkoolAntoniemLeah van NiekerkXenofobieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaJansenvilleKoolstofdioksiedOorlogGevolge van aardverwarming op oseanePampoentjiesKunstenaarJan van RiebeeckKaliforniëKaren MeiringVoedingSwawelMisdaadSeksuele stimulasieAustraliëAardeCovid-19-pandemieSuid-Afrikaanse GrensoorlogKolitisLiefdeProsaOrale seksKakiebosVermontPornografiese akteurSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureRentePêrelBosvarkMusieksimboleKoos du PlessisLianie MayGeestesgesondheidSowjetunieNeurenberg-verhoreOutismeAtoomTennisPornografiese subgenresNamakwalandSywurmNasionalismeYstertydperkSatellietfotoDeelstate van die Verenigde State van AmerikaJudaïsmeIgtiologieEnsiklopedieBurgerregteBTWChemiese verbindingBobby AngelMenslike skeletKoos KombuisHartversakingElizabeth II van die Verenigde KoninkrykEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKondensasieDuitslandDataverwerking🡆 More