Die Treurwilger (Salix babylonica) is 'n genaturaliseerde boom, dus 'n indringerplant, in Suider-Afrika wat oorspronklik uit China kom.
Daar kom slegs vroulike bome hier voor maar die bome het gevestig geraak deur vegatiewe voortplanting - 'n natuurlike gevolg van takke wat afval. Hierdie spesie is water liewend, en is van die min spesies wat kan oorleef as die wortels vir lang tye onder water staan. Dit het 'n aggresiewe wortelstelsel, wat groot probleme kan veroorsaak as dit naby rioolpype geplant word. Die boom kom wydverspreid langs strome en op rivieroewers voor. Dit het lang lowerryke, neerhangende takke. Die blare is lank, dun en glansend met fyn getande blaarrande. Die blare is bo liggroen en onder blouerig. Die Treurwilger het 'n ligkleurige, sagte, swak hout.
Treurwilger | |
---|---|
'n Treurwilger in Istanbul | |
NE | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Salix |
Spesie: | S. babylonica |
Binomiale naam | |
Salix babylonica |
Dik takke van die boom kan afgekap word, en vir 'n week in die water gegooi word, waarna dit in die grond geplant kan word, en maklik sal groei.
Die Treurwilger is deur die Boere tydens die Groot Trek in die binneland versprei, deur takke van die boom in die sand langs rivieroewers by hulle kamp plekke te plant. Op hierdie wyse het hierdie waterliewende plant met tyd wyd versprei in veral die Vrystaat en Wes-Transvaal geraak. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die bekende Wilgerbome langs die Mooirivier in Potchefstroom.
Wiki Commons bevat media in verband met Salix babylonica. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Treurwilger, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.