Salah Abdeslam

Salah Abdeslam (Arabies: صلاح عبد السلام, lit. 'Ṣalāḥ ʿAbd as-Salām'; Franse uitspraak: ; gebore op 15 September 1989, Brussel) is 'n Franse Islamitiese terroris wat lewenslange tronkstraf opgelê is in 2022 as die enigste oorlewende lid van die 10-man-eenheid wat die aanvalle in Parys op 13 November 2015 uitgevoer het waarin 130 mense dood en meer as 490 beseer is.

Salah Abdeslam
Salah Abdeslam

Hy is gebore in België en woon daar, maar beskik oor Franse nasionaliteit. Hy is glo van kindsbeen af 'n vriend van Abdelhamid Abaaoud, die groep se leier. Abaaoud was reeds geradikaliseer en het in 2013 na Sirië gegaan omrede hy 'n aanhanger van daesj is. Abdeslam is deur hom oortuig om 'n terroris te word. Hy probeer sy vrou te oortuig om met hom na Sirië te gaan, maar sy weier en hy skei van haar. Salah is die broer van Ibrahim wat homself in 'n Paryse kafee opgeblaas het. Die owerhede in België het 125 dae na hom gesoek, veral in die Brusselse wyk Sint-Jans-Molenbeek. Uiteindelik het hulle hom op 19 Maart 2016 gevind, 100 m van die plek waar hulle vermoed het dat hy hom vier maande geleë versteek het. Hy het sy selfoon in werking gestel en dit het die Rijkswacht in staat gestel om hom te vind. Die Belgiese minister van Buitelandse Sake Didier Reynders het verklaar dat Adbeslam na die Stade de France wou gaan om homself ook op te blaas, maar het om onbekende redes besluit het dit nie te doen nie. Hy het vanuit Brussel nog aanslae beplan.

Abdeslam se advokaat is Sven Mary. Hy het verklaar: "Indien iemand beskryf word as publieke vyand nommer een, wil ek hierdie misbruik van gesag beveg". Frankryk het om sy vinnige uitlewering gevra en Mary probeer om dit te verhoed.

Twee dae ná sy aanhouding het 'n nuwe terroristiese aanslag in Brussel plaasgevind. In dié aanslag is 34 mense dood. Die aanslae is glo die antwoord op die groot oorwinning van Abdeslam se inhegtenisneming wat die media verkondig het en wat deur die jihadiste as groot provokasie gesien is.

Sy advokaat Sven Mary het egter verklaar dat Abdeslam nie van die planne geweet het nie.

Verwysings

Tags:

15 September1989ArabiesBrusselParys

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tolla van der MerweBestaansboerderySkaapOraniaPlae van EgipteSpelerposisies in rugbyWinterNag van die lang messeMagnetisme1200DoopResensieTaalKuberkrakerBateRugbyNederlandsPikkewynMonopolieSwart menseSteenkool in Suid-AfrikaOranje-VrystaatEnsiklopedieOlimpiese SomerspeleWitbloedselAntisemitismeIronieGautengGordelroosSitrusIndustriële RevolusieGoudJan-Willem BreureJohannes HahnThabo MbekiTrigeminale neuralgieLetterlike en figuurlike taalgebruikAfrikanersAboriginesEngelsWitrenosterEjakulasieHipoteseLys van Afrikaanse rolprenteViëtnamMuishondKoperVoortrekkersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVryheid van spraakKoppeltekenWiki CommonsReënEufemismeTydVloeistofBreingewasJansenvilleMisdaadUnited Democratic FrontNG gemeente JansenvilleRuslandVingerseksKatoenByAardedagDuitslandSaartjie BaartmanHerfsTandbederfSelfstandige naamwoordDaggaSeisoenBewussyn🡆 More