Salaah

Salaah (Arabies: صلوات ,صلاة) is die praktyk van gebed in die Islam.

Vyf Pilare van die Islam

Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam, die belangrikste pligte vir Moslems. Om salaah te maak moet 'n persoon se gedagtes in 'n toestand van rituele suiwerheid wees, wat van 'n staat van ablusie (wuḍū) afkomstig is. Ander, minder gebruiklike, woorde is soembain, sombaing en sombajang.

Soenni-Moslems moet elke dag op vyf tye salaah maak. Hierdie tye word deur die beweging van die son bepaal. Die oproep tot gebed (athaan) is noodsaaklik voor elke verpligte gebed.

Die profeet Mohammed het gesê: "Iemand wat Allah se plesier soek en met geloof op die athaan reageer, sal in die Paradys toegelaat word."

Die vyf daaglikse gebede

Salaah
Gebedsposisies in Islam
Salaah
Die vyf whaktoes (sien links).

Moslems bid vyf keer per dag. Dit is verpligtend vir alle Moslems wat puberteit bereik het, buiten dié wat geestelik gestrem is, te siek is, menstrueer of nageboortelike bloeding het. Dié wat siek of fisiek ongeskik is, mag bid terwyl hulle sit of lê. In teenstelling met die weeklikse Vrydaggebed is die salaah nie spesifiek aan die moskee gebonde nie. Indien meer as twee mense saam salaah maak, word die woorde en bewegings deur 'n imam gelei om dit sinchronies te hou.

Elke gebed vind op ’n spesifieke tyd (whaktoe) plaas. Dié tye word volgens die son se beweging bepaal. Die vyf salaahs is:

I. Fadjer of soeboeg – oggend; voor dagbreek

II. Thoer of zoeger – middaggebed

III. Asser – tussen die middaggebed en sonsondergang

IV. Magrieb – ná sonsondergang

V. Isjaai – laataand; voor slapenstyd

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Guy Monnot: Artikel Ṣalāt. In: The Encyclopaedia of Islam. New Edition, Band VIII, bl. 925–934.

Eksterne skakels

Tags:

Salaah Die vyf daaglikse gebedeSalaah VerwysingsSalaah Verdere leesstofSalaah Eksterne skakelsSalaahArabiesIslamMoslemVyf Pilare van die Islam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gezina, PretoriaHefboomToringKoedoeStilleweWerkersdagApartheidHerpes simplexSelfoonWolfNamakwalandKlem-in-die-kaakNatuurrampDepressie (gemoedstoestand)Loftus MaraisLys van kleureSeevlakTienie HollowayViëtnamoorlogGalileo GalileiLuiperdDansOrtopedieKlankBiodiversiteitOnderhandelinge om apartheid te beëindigChemiese elementIdioomWet op Bantoe-onderwysNasionalismeLeonardo da VinciVerkleurmannetjieTrappe van vergelykingMusieksimboleTelkomSpoorvervoer in Suid-AfrikaMoslemSmaakNederlandLewerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGeskiedenis van AfrikaansCheslin KolbeKoorsSeevlakstygingKolonoskopieDemi Lee MooreAlkoholismeWright-broersPretoriaGriekwa-AfrikaansHerfsMandalaEnsiklopedieInsekImpakte van toerismeMaagWet op BevolkingsregistrasieWisselkoersSpreeuTatoeëermerkWoordYouTubeMieliestronkMensDemografie van Suid-AfrikaAfrikaansPizzaBloedsomloopstelselAlliterasieVoëlMonopolie7de LaanVryheidsmanifesSkaak🡆 More