Saxofoon

Die Saxofoon (soms saksofoon geskryf) is 'n musiekinstrument wat in die 1840's deur Adolphe Sax in Parys ontwerp is.

Hy was lid van die familie Sax wat instrumente vervaardig en daarmee in Brussel begin het. Saksofone word hoofsaaklik van koper gemaak. Geelkoper is gemaak van 'n saamgestelde legering van metale soos koper, sink, nikkel en tin. Die gewone saksofoon is heel waarskynlik gemaak van ongeveer 70% koper en 30% sink, wat die saxofoon die kenmerkende geel koperkleur gee.Die saxofoon was gewild onder Franse komponiste en het gou 'n plek in die Franse militêre orkeste gevind. Geleidelik is dit ook in Franse operas aangewend. In die VSA het Sousa dit in die 1890's in komposisies gebruik, en daarna het dit 'n gewilde jazzinstrument geword.

Saxofoon
Saxofoon
Saxofoon
Adolphe Sax, uitvinder van die saxofoon

Die agt (sommige navorsers meen sewe) instrumente wat tot hierdie familie behoort, word as transponerende instrumente beskou (afwisselend B-mol en E-mol) en is in die G-sleutel genoteer, binne die chromatiese omvang soos volg: die sopranino in E-mol, die soprano in B-mol, die alt in E-mol, die tenoor in B-mol, die bariton in E-mol, die bas in -B-mol, die kontrabas in E-mol, en die sub-kontrabas in B-mol. Die alt, tenoor en bariton is die gewildste.

Die kleiner saxofone is reguit, terwyl die groter instrumente se bekers opwaarts en na vore gebuig is met die nek teruggebuig na die speler.

Sax het die saxofoon vir sowel orkes as blaasorkes ontwerp. Die klankkleur is 'n mengsel van hout- en koperblaasinstrumente en wissel van die sagte klanke van die fluit tot die breë, ryk klanke van die tjello en die metaalklanke van die kornet.

Van die bekendste saxofoonspelers sluit in Charlie Parker (alt) en John Coltrane (tenoor).

Sien ook

Tags:

BrusselGeelkoperMusiekinstrumentParys

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JuraKlimaatveranderingProvinsies van Suid-AfrikaMaatskappyAtmosfeerLeah van NiekerkKappie (skryfteken)EnsiklopedieBruin menseProteïenWithaaiElandréLongGewone breukeMigrasie van diereAfrikaanse woordelys en spelreëlsKolonoskopieCholeraGeldVerantwoordelikheidMensGautengDiskriminasieKoppeltekenToerismeTuberkuloseDiamantHondeklipbaaiLidwoordGrondbesoedelingOmgewingsbeheerNasionalismeSkrywerLys van nedersettings in Suid-AfrikaKarakteriseringRekeningkundeRooibokSpeelkaartSwaelSeksOnderhandelinge om apartheid te beëindigAnglo-BoereoorlogBeaufortskaalThe CranberriesSteenkool in Suid-AfrikaBeesGipsBesoedelingJak de PriesterJohannes MeintjesSeksismeSteenkoolAardeLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierHerpes simplexGroepsgebiedewetMielieGevolge van aardverwarming op oseaneKoolstofdioksiedSeekoeiMaatskaplike verantwoordelikheidSprokieAardkorsErosieLimfvatstelselEreksieSelfmoordWoestynKoorsblaarKoorsBeeldspraakGeloftedag🡆 More