Saint-Germain-Des-Prés

Saint-Germain-des-Prés is 'n Paryse klooster wat in die 6de eeu aan die linkeroewer van die Seine gestig word.

Die klooster ontwikkel tot een van die belangrikste heiligdomme van die Merowingiese Ryk en verwerf danksy vrome stigtings in die Frankiese tyd groot rykdom. Tydens die heerskappy van Karel die Grote en Lodewyk die Vrome oefen die owerstes van die klooster 'n groot invloed op die regering van die ryk uit.

Saint-Germain-Des-Prés
Saint-Germain-des-Prés: Die toring van die klooster

Die diptigon van die klooster - 'n dokument waarin die ab Irminion tydens die 9de eeu die besit en inkomstes van die kloosters laat opteken - bly een van die belangrikste bronne vir die geskiedenis van die Karolingiese landbou en ekonomie. Tydens die 12de eeu word die klooster 'n sentrum van die destydse wetenskap en hoër onderwys en maak deel uit van die Paryse studentebuurt Quartier Latin.

Saint-Germain-Des-Prés
Die graf van Descartes, in Saint-Germain-des-Prés

Die nedersetting Saint-Germain-des-Prés wat rondom die klooster ontstaan bly tot in die laat Middeleeue grondbesit van die abdy, alhoewel dit binne die stadsmuur van Parys lê.

Die huidige woonbuurt Quartier de Saint-Germain-des-Prés is vanaf die Eerste Wêreldoorlog een van die besigste ontmoetplekke van Parys. Veral die bekende intellektueles - soos Prévert, Gide, Breton, Apollinaire - gesels in die koffiekroeë van die buurt. In die sestigerjare kuier die leidende eksistensialiste, soos Jean-Paul Sartre en Simone de Beauvoir, in die buurt. Hier begin ook die loopbaan van beroemde Franse sangers soos Juliette Gréco en Yves Montand. Saint-Germain-des-Prés is ook 'n gewilde adres vir boetieke wat elegante prêt-à-porter-mode verkoop, met die rue du Back, rue de Sèvres en rue de Grenelle as die vernaamste winkelstrate.

Eksterne skakels

2°19′59″O / 48.85444°N 2.33306°O / 48.85444; 2.33306

Tags:

6de eeuKarel die GroteKloosterLodewyk die VromeMerowingiese RykParysSeine

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OopbroninhoudRooikatDoziEuropaBorskankerDanie du ToitBatmanBipolêre gemoedsteuringAnglo-BoereoorlogSterrestelselKinkhoesBreingewasFridtjof NansenPapegaaieKunsWiskundePankreasSuiwelprodukWikiBloedsomloopstelselByKasterolieJodeGriepKankerErica BoyerEierleierSinoniemDemensieAppelblaarGuillain-Barré-sindroomTolla van der MerweNierBate1991Fritz HaberLibiëEuropese UnieJeuksiekteVerenigde State van AmerikaPublieke domeinMarga van RooyLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSelfieNuwe TestamentERolprentAfghanistanLys van Griekse mitologiese figureWladimir PoetinAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van chemiese elemente volgens atoomgetal26 MaartSamsung GroepAntarktikaMieliestronkDie Stem van Suid-AfrikaKolonoskopieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BakterieDie BylBernice WestPeniskankerBywoordVarkgriep2024 Japannese Grand PrixWaterhertWiskundige terminologieLys van Joodse feeste en herdenkingsIerse nasionale rugbyspan🡆 More