Saguenay is die hoofstad van die administratiewe gebied Saguenay-Lac-Saint-Jean (Quebec, Kanada) en lê teen die Saguenayrivier.
Saguenay-fjord (Fjord du Saguenay) is die mees suidelike fjord in die Noordelike Halfrond.
Saguenay | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 48°25′00″N 71°04′00″W / 48.41667°N 71.06667°W 71°04′00″W / 48.41667°N 71.06667°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Region | Saguenay-Lac-St-Jean |
Stigting | 1840 |
Geïnkorporeer op | 1 Januarie 2002 |
Regering | |
• Burgemeesteres | Josée Néron |
Oppervlak | |
• Land | 1 126,48 km2 (434,94 vk. myl) |
• Stedelik | 1 166 km2 (450,2 vk. myl) |
• Metro | 2 564,02 km2 (989,97 vk. myl) |
Hoogte | 166 m (545 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 144 746 |
• Digtheid | 127,6/km2 (330/vk. myl) |
• Metro | 157 790 |
• Metrodigtheid | 61,5/km2 (159/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | G7(B,G-H,J-K,N,S-T,X-Z), G8A |
Skakelkodes | 418 |
Webwerf | ville.saguenay.ca |
Saguenay is op 1 Januarie 2002 gevorm deur die samesmelting van die stede Chicoutimi, Jonquière en La Baie met die munisipaliteite van Laterrière, Lac-Kénogami, Shipshaw en 'n gedeelte van die munisipaliteit van die kanton Tremblay. Meer as 98 persent van die sowat 150 000 inwoners is Franssprekend.
Die nuwe naam van die stad is deur 'n referendum bepaal waarin die meerderheid van die bevolking die voorkeur aan die naam Saguenay gegee het.
Die primêre verwerking van die omgewing se natuurlike hulpbronne vorm die basis van die plaaslike ekonomie, soos byvoorbeeld die papier- en aluminiumvervaardiging. Hidroelektriese kragopwekking vind naby Shipshaw plaas. Saguenay het daarnaas tot ´n gewilde bestemming vir plesierboot-toerisme ontwikkel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Saguenay, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.