Sagteware-ingenieurswese (SI) is die veld wat bemoei is met die skep en instandhouding van sagteware deur die toepassing van tegnologieë en praktyke wat verkry is vanaf rekenaarwetenskap, projekbestuur en ander vakgebiede.
Subklas van | stelselingenieurswese, informatika |
---|---|
Onderdeel van | inligtingstegnologie, stelselingenieurswese |
Geskiedenis van die onderwerp | geskiedenis van sagteware-ingenieurswese |
Beoefen deur | sagteware ingeneur, navorsing sagteware ingenieur |
Gebruik deur | organisasie-ingenieurswese, inligting ingenieurswese |
Het lys | Oorsig van sagteware-ingenieurswese |
SI-toepassings word gebruik in 'n wye reeks van aktiwiteite, vanaf nywerheid tot vermaak. Sagteware toepassings verbeter gebruiker produktiwiteit en lewensgehalte. Voorbeelde van toepassingssagteware sluit in: kantoorpakkette, videospeletjies en die wereldwye web. Voorbeelde van stelselsagteware: ingeboude stelsels en bedryfsstelsels.
SI-tegnologieë en praktyke verbeter produktiwiteit en verrigting van ontwikkelaars en die gehalte van die toepassings wat hulle skep. SI-voorbeelde: databasisse, tale, biblioteke, patrone, en werktuie. Voorbeelde vanuit rekenaarwetenskap: algoritmes en datastrukture. Voorbeelde vanuit projekbestuur: prosesse.
Die SI-gemeenskap sluit in 630 000 lede en opvoeders in die V.S.A. en 'n beraamde 1 400 000 lede in Europa, Asië, en ander plekke ; dit is omtrent 60% van die groote van tradisionele ingenieurswese. SI-pioneers sluit Barry Boehm, Fred Brooks, C. A. R. Hoare, en David Parnas in.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sagteware-ingenieurswese, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.