Die Saagtand-barrakuda (Sphyraena putnamae) is 'n vis wat wydverspreid in die Indiese- en Stille Oseaan gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom.
In Engels staan die vis bekend as die Sawtooth barracuda.
Saagtand-barrakuda | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Sphyraena |
Spesie: | S. putnamae |
Binomiale naam | |
Sphyraena putnamae Jordan & Seale, 1905 |
Die vis het 'n lang, slanke lyf wat amper silindries is, en word tot 90 cm lank. Die snoet is lank en gepunt. Dit is blou-silwer van kleur op die rugkant en die sye en wit aan die onderkant. Daar is 15 donker chevron-tipe strepe oor die lyf; dit strek weerskante van die sylyn. Die stertvin is donker met 'n swart rant.
Hulle leef in koraal- en kusrotsriwwe in water wat 1 tot 35 m diep is. Gedurende die winter vorm hulle digte skole gedurende die dag. Hulle vreet gewoonlik gedurende die nag; hoofsaaklik rifvisse en tjokka.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Saagtand-barrakuda, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.