SC Concordia Hamburg is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland.
Volledige naam | Sport Club Concordia von 1907 e.V. |
Stigtingsdatum | 9 Mei 1907 |
Tuisveld | Marienthal-stadion, Hamburg |
Kapasiteit | 8 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir judo, karate, jiu jutsu, gimnastiek, tennis, tafeltennis en skaak.
Die klub is op 9 Mei 1907 gestig as 'n fietspolo-klub met die naam SC Concordia Wandsbeck. In 1923 is daar met die klub Germania saamgesmelt en in 1937 is die huidige naam aangeneem.
Die klub het tussen 1939 en 1941 in die Gauliga Nordmark meegeding op die hoogste vlak. Gedurende die 1950’s het die klub ook verskeie seisoene in die Oberliga Noord op die hoogste vlak deurgebring en was op hierdie vlak sedert die laat 1950’s tot met die stigting van die Bundesliga in 1963.
Die klub se beste vertoning in die DFB-Pokal was in 1953, toe die kwarteindstryd gehaal is, waar die klub met 2-1 deur SV Waldhof Mannheim verslaan is.
|
|
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article SC Concordia Hamburg, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.