Suid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228

Vlug 228 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n geskeduleerde vlug vanaf die Jan Smuts Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika na Heathrow in Londen.

Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlug 228
Datum: 20 April 1968
Oorsaak: Beheerde vlug in terrein
Plek van ramp: JG Strijdom Lughawe, Windhoek, Suidwes-Afrika
Sterftes: 123
Beserings: 5
Vliegtuigtipe: Boeing 707-344C
Vliegtuig-stertnommer: ZS-EUW
Oorsprong: Jan Smuts Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika
Halte 1: Windhoek, dan Luanda
Halte 2: Las Palmas
Halte 3: Frankfurt
Bestemming: Lughawe Londen-Heathrow, Londen, Verenigde Koninkryk
Passasiers: 116
Bemanning: 12
Oorlewendes: 5

Die vliegtuig het in Windhoek in Suidwes-Afrika (die hedendaagse Namibië) oorgestop. Kort nadat dit weer opgestyg het, het dit in die grond in gevlieg. Vyf passasiers oorleef, maar 123 kom in die ongeluk om. Die daaropvolgende ondersoek toon dat die ongeluk deur 'n fout van die vlieëniers veroorsaak is. Tot hede is dit die dodelikste vliegongeluk wat nog in Namibië plaasgevind het.

Gebeure

Suid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 
'n Boeing 707, soortgelyk aan die een wat verongeluk het.
Suid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 
Suid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 
Ongelukstoneel
Kaart van Namibië

Vlug 228 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n geskeduleerde vlug wat op 20 April 1968 met 'n Boeing 707-300C, met registrasienommer ZS-EUW, onderneem is. Die vlug was geskeduleer om vanaf Johannesburg, deur Windhoek, Luanda, Las Palmas en Frankfurt na Heathrow in Londen te vlieg.

Die eerste been van die vlug, onder beheer van kaptein Eric Ray Smith, vanaf Johannesburg na die JG Strijdom-lughawe in Suidwes-Afrika, het sonder voorval verloop. Lugvrag is op- en afgelaai en 'n verdere 46 passasiers het aan boord gegaan.

Die vliegtuig was slegs 6 weke oud toe dit om 18:49 GMT (20:49 plaaslike tyd) vanaf aanloopbaan 08 in Windhoek opgestyg het. Dit was 'n donker maanlose nag, met min (indien enige) ligte oos van die aanloopbaan. Volgens die amptelike verslag het die vliegtuig die lughawe in 'n "swart gat" verlaat.

Die vliegtuig klim aanvanklik tot 'n hoogte van 650 voet (200 m) bokant die grondvlak, plat dan na 30 sekondes af en begin om te daal. Na vyftig sekondes vlieg dit met volle vlugkonfigurasie teen 'n spoed van ongeveer 271 knope (502 km/h) in die grond in.

Die vier enjins het eerste die grond getref, wat vier slote in die grond geploeg het voordat die res van die vliegtuig die grond getref en verbrokkel het. Twee brande breek onmiddellik uit toe die brandstof in die vlerke ontvlam.

Die ongelukstoneel was slegs 5,3 kilometer vanaf die punt van die aanloopbaan, maar nooddienste het as gevolg van die ruwe terrein 40 minute geneem om die toneel te bereik.

Aanvanklik oorleef nege passasiers, wat in die voorste gedeelte van die romp gesit het, maar twee is kort daarna oorlede, en 'n verdere twee 'n paar dae later. Dit bring die aantal ongevalle op 123 passasiers en bemanning te staan.

Ondersoek

Die ondersoek is bemoeilik omrede die vliegtuig nie oor 'n vlugopnemer of kajuitstemopname beskik het nie. Hierdie toestelle is sedert 1 Januarie 1968 verpligtend, maar die lugredery se onvermoë om dit aan te koop, beteken dat verskeie SAL-vliegtuie, insluitend ZS-EUW, nog nie daarmee toegerus was nie. Kaptein Smith het 4 608 vliegure met die Boeing 707 agter die blad gehad, maar slegs een uur op die nuwe tipe 334C, waarvoor daar wel opleiding was.

Die amptelike ondersoek bevind dat die vliegtuig se vier enjins in 'n werkende toestand was, en dat die primêre fout by die kaptein en sy eerste offisier lê, en dat hulle "gefaal het om te klim en 'n veilige hoogte te handhaaf deur nie op die instrumente ag te slaan nie". Die derde vlieënier, wat die radio beman het, en nie die instrumente van sy posisie kon sien nie, is van alle blaam onthef.

Sekondêre faktore wat tot die ongeluk bygedra het sluit in:

  • Verlies aan situasie-bewustheid.
  • Die bemanning het geen visuele verwysing in die donker gehad nie, wat lei tot ruimtelike disoriëntasie.
  • Die bemanning trek die klappe in groter stappe as wenslik terug, omdat hulle die instruksies vir die 707-B-reeks volg. Dit lei tot 'n verlies in stygkrag op 'n hoogte van 600 voet (180 m) bo grondvlak.
  • Tydelike verwarring aan die kant van die vlieëniers met die uitlees van die vertikale spoedaanwyser, wat verskil het van die A- en B-reeks vliegtuie waaraan hulle gewoond was.
  • Die drom-tipe hoogtemeter waarmee die vliegtuig toegerus was, was uiters moeilik vir vlieëniers om te lees; die vlieëniers het moontlik hulle hoogte met 1 000 meter misgelees.
  • Moontlike afleiding as gevolg van die tref van voëls of ander gebeurlikhede.

Ná die ondersoek, asook ondersoeke van soortgelyke voorvalle, bepaal die Federale Lugvaartadministrasie (van Amerika) dat 'n grondhoogte-waarskuwingstelsel sal help om sulke ongelukke te voorkom. Nuwe regulasies is in Februarie 1972 ingevoer wat bepaal dat alle straalvliegtuie van so 'n stelsel voorsien moet wees.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

17°34′O / 22.433°S 17.567°O / -22.433; 17.567

Tags:

Suid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 GebeureSuid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 OndersoekSuid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 Sien ookSuid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 VerwysingsSuid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228 Eksterne skakelsSuid-Afrikaanse Lugdiens-Vlug 228Jan Smuts LughaweJohannesburgLondenLughawe Londen-HeathrowNamibiëSuid-AfrikaSuidwes-AfrikaVlieënierWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anrich HerbstBTWNarsismeStaalGeelsugKolonoskopieBorsRussiese inval in Oekraïne sedert 2022VeeartsLiesbreukUitwerking van klimaatsveranderingAfrikaanse woordelys en spelreëlsAtoomOrale seksVryheid van spraakBeesSkarlakenkoorsHartversakingEjakulasieWitbloedselKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKlein vyf diereKonjunktivitisKaapstadse waterkrisis 2015-2018PlastiekJakkalsNagmaalMetafoorN.P. van Wyk LouwCarles PuigdemontLys van Afrikaanse rolprenteEkonomieWaarheid-en-versoeningskommissieBrendan PeyperHeuningbyVolhoubaarheidResensieMenseregtedagWeervoorspellingOnderhandelinge om apartheid te beëindigAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHondLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGedigAngssteuringSlawernyWitrenosterBeurtkragRomanCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKunsmisAfvalbestuurOopbroninhoudJohannes MeintjesBelgiëProstaatklierGeografie van Suid-AfrikaRacheltjie de BeerCleopatra VIILiewe HeksieHerfsWiskundePlantHandbalOrgasmeDiepaartromboseMahatma GandhiBlourokkeC. Louis LeipoldtWolfSeksuele opwekkingDuitslandGianna MichaelsKarakteriseringPad na jou hart🡆 More