Søren Kierkegaard: Deense filosoof, teoloog en psigoloog

Søren Kierkegaard (1813–1855) was 'n Deense filosoof, teoloog en psigoloog.

Sy invloed word deur talle 20ste eeuse eksistensiële, teologiese, poststrukturele, en postmoderne filosowe erken. Kierkegaard was baie krities oor die Hegelianisme en wat hy gesien het as die leë formaliteite van die Deense Nasionale Kerk. Baie van sy filosofiese werk fokus op hoe 'n persoon lewe, veral op die prioriteit van konkreet menslike realiteit bo abstrakte denke, en benadruk die belang van persoonlike keuse en toewyding. Sy teologiese werke fokus op Christelike etiek en (kritiek op) die Kerklike instelling. Sy psigologiese werke verken die emosies van mense wat lewenskeuses in die gesig staar.

Søren Aabye Kierkegaard
Søren Kierkegaard: Deense filosoof, teoloog en psigoloog
Onvolledige portret van Søren Aabye Kierkegaard deur Niels Christian Kierkegaard, ca. 1840

Gebore 5 Mei 1813
Kopenhagen, Denemarke
Oorlede 11 November 1855 (op 42)
Kopenhagen, Denemarke
Nasionaliteit Vlag van Denemarke Denemarke
Vakgebied Christenskap, metafisika, epistemologie, estetika, etiek, sielkunde, filosofie
Alma mater Universiteit van Kopenhagen
Beïnvloed deur Aristoteles, Augustinus, Kant, Lessing, Luther, Schelling
Invloed op Barth, Buber, Derrida, Heidegger, Ibsen, Lévinas, Marcel, Tillich, Wittgenstein
Handtekening Søren Kierkegaard: Deense filosoof, teoloog en psigoloog

Sy filosofiese metode is deur Sokrates en Sokratiese dialoë geïnspireer, en as deel daarvan is sommige van Kierkegaard se vroeë werke onder verskeie penname geskryf; as karakters wat hulle eie, onderskeidelike sienings bied en met mekaar komplekse gesprekke wissel.

Tags:

18131855DenemarkeEksistensialismeFilosoofHegelPostmodernismePoststrukturalismeTeologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DonkieMeervoudVrymesselaryUnited Democratic FrontMeningsverskil oor aardverwarmingByNarsistiese persoonlikheidsteuringSwawelErosieVrouRelatiwiteitsteorieFiela se kind (rolprent)Afro-AmerikanersFotosinteseMotorvoertuigSeksposisieDuitse maselsOogproblemeKlimaatInnes en Franna BenadéOlifantDomineeOlimpiese SpeleWerkersdagApostoliese GeloofsbelydenisGroot vyfWeervoorspellingGeskiedenis van Suid-AfrikaVerlede tydEngelandLeeudoringstad-spoorwegrampSiya KolisiMaanEmosieRefentse MorakeGetalVoedingWright-broersLKarakteriseringDirekte en Indirekte redeSlawernyDrie-eenheidOmtrek, oppervlakte en volumePampoentjiesRudi ClaaseIngrid JonkerGalileo GalileiPlantluisBlourokkeHibernasieMaagsweerAfrikaWhatsAppSprokieVars waterImpakte van toerismeLugbesoedelingJeugdagNapoleon BonaparteMiddeloorontstekingTafelbergDesmond TutuSatellietfotoNatuurlike hulpbronGeloftedagNazi-DuitslandHeupArmoedeAfrikaanse woordelys en spelreëlsPadda🡆 More