São Tomé En Príncipe

São Tomé en Príncipe (Portugees: São Tomé e Príncipe, ; letterlik: Sint Tomas en Prins), amptelik die Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe (República Democrática de São Tomé e Príncipe), is 'n klein eilandstaat in die Golf van Guinee.

Dit bestaan uit twee eilande: São Tomé en Príncipe, omtrent 140 km van mekaar geleë en onderskeidelik omtrent 250 en 225 km van die noordwestelike kus van Gaboen. São Tomé en Príncipe is tussen die twee eilande Bioko en Annobón geleë, wat deel uitmaak van Ekwatoriaal-Guinee. Die hoofstad en grootste stad is São Tomé op die gelyknamige hoofeiland. São Tomé en Príncipe beslaan 'n oppervlakte van 1 001 km² en het 'n bevolking van sowat 223 000 in 2021 gehad. São Tomé en Príncipe is na die heilige apostel Tomas en die prins van Portugal genoem.

Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe
República Democrática de São Tomé e Príncipe (Portugees)
Vlag van São Tomé en Príncipe Wapen van São Tomé en Príncipe
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Unidade, Disciplina, Trabalho
(Portugees vir: "Eenheid, Dissipline, Arbeid")
Volkslied: Independência total
(Portugees vir: "Totale onafhanklikheid")
Ligging van São Tomé en Príncipe
Hoofstad São Tomé

0°20′N 6°44′O / 0.333°N 6.733°O / 0.333; 6.733

Grootste stad São Tomé
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Carlos Vila Nova
Patrice Trovoada
Onafhanklikheid
• van Portugal
• Huidige grondwet

12 Julie 1975
5 November 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 001 km2  (171ste)
386 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
223 107 (186ste)
178 739
199,7 / km2 (69ste)
517,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1 069 miljoen
$4 710

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$506 miljoen
$2 231

MOI (2021) São Tomé En Príncipe 0,618 (138ste)  –  medium
Gini (2017) 40,7 –  hoog
Geldeenheid Dobra (STD)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .st
Skakelkode +239
São Tomé En Príncipe
Kaart van São Tomé en Principe
São Tomé En Príncipe
'n Mark in die hoofstad São Tomé
São Tomé En Príncipe
Nederlandstalige kaart van São Tomé deur Johannes Vingboons in 1665

Beide eilande is deel van 'n aktiewe vulkaniese bergreeks wat van Kameroenberg in die noordooste oor die vier eilande São Tomé, Príncipe, Bioko en Annobón tot in die suidweste in die Golf van Guinee strek. Die Ilha de São Tomé, die groter en suidelike eiland, is byna reg op die ewenaar geleë. Dit is genoem na Sint Thomas omdat Portugese ontdekkers die eiland op Sint Thomasdag (21 Desember 1471) ontdek het, terwyl Ilha do Príncipe die "prins se eiland" beteken. In die noordooste sluit die Golf van Bonny aan.

Demografie

Van die bevolking van amper 223 000 in 2016 woon ongeveer 172 000 op São Tomé, 7 000 op Príncipe en nog ander op ander eilande. Die verskillende etniese groepe behels:

  • Mestiços: afstammelinge van slawe aan die begin van die koloniale era en Europeërs;
  • Angolares: dikwels vissers, die tradisie wil dit hê dat hulle die afstammelinge is van oorlewendes van 'n skeepswrak in 1540;
  • Forros: afstammelinge van bevryde slawe teen die tyd van die afskaffing van slawerny;
  • Serviçais: kontrakarbeiders uit Angola, Mosambiek en Kaap Verde;
  • Tongas: Kinders a.g.v. vermenging tussen Serviçais en Forros;
  • Europees: Mense van Europa, meestal Portugese.
  • Asiaties: Mense van Asië, meestal Han-Chinese.

Portugees is die amptelike taal van São Tomé en Príncipe, terwyl Fang 'n erkende minderheidstaal is. Meer as 80% van die bevolking is Christene, waarvan die meeste Rooms-Katolieke.

Ekonomie

Landbou (kakaoverbouing) is baie belangrik en maak die grootse gedeelte van die ekonomie uit, maar dié land is ook op soek na ruolie in die Golf van Guinee.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

São Tomé En Príncipe DemografieSão Tomé En Príncipe EkonomieSão Tomé En Príncipe VerwysingsSão Tomé En Príncipe BronnelysSão Tomé En Príncipe Eksterne skakelsSão Tomé En PríncipeAnnobónApostelEilandstaatEkwatoriaal-GuineeGaboenGolf van GuineeHeiligeHoofstadPortugeesSão Tomé

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikaansGroepsdrukLys van Afrikaanse televisiereeksePlaasjapieSportHoërskool OuteniquaBoelieryRefentse MorakeDuitslandRobert SobukweJesus van NasaretKlimaatsverandering in AfrikaGewone luislangGautengIronieAalwynJanie du PlessisFiksieArabiesApostoliese GeloofsbelydenisGeestesgesondheidSteve BikoBernice WestMantisRieldansOvulasieMaatskaplike verantwoordelikheidJan-Willem BreureAppelBipolêre gemoedsteuringBiodiversiteitInternetVoëlgriepBlaaskankerToekoms van die AardeLongGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVulvaVerenigde State van AmerikaSosiale mediaLugbesoedelingNicola HanekomBeeldspraakWêreld- Ekonomiese ForumGNU/FDL-lisensieTegnologieWetenskaplike klassifikasieKernkragBalletNG gemeente JansenvilleJavaScriptRutenium(III)chloriedAfrikaanse woordelys en spelreëlsXenofobieLys van Griekse mitologiese figureInstagramSkilpadNamakwalandMetamfetamienGenadedoodKlein-KarooKatoenTaylor SwiftAborsieNommertekenOlimpiese Somerspele 2024Kanker🡆 More