Rzeszów is die administratiewe hoofstad van die Suidoos-Poolse woiwodskap Subkarpate (Podkarpackie).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Subkarpate |
Koördinate | 50°3′N 22°0′O / 50.050°N 22.000°O |
Stigting (eerste verwysing) | - |
Stadstatus | 1354 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 126,57 vk km |
Hoogte bo seevlak | 221 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Oktober 2019) | 195 101 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 541/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 365 000 |
Tydsone | MET (UTC +1) |
- Somertyd | MEST (UTC +2) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -3,3 / 18 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 508 mm |
Burgemeester | Tadeusz Ferenc |
Amptelike Webwerf | www.erzeszow.pl |
Rzeszów is 'n universiteitstad wat aan weerskante van die Wisłokrivier in die hartland van die Sandomierska-vallei, tussen Krakow en die Pools-Oekraïense grenspos naby Przemyśl en langs die internasionale snelweg E 40 en die spoorweglyn tussen Lviv (Lemberg) en Krakow geleë is. Die stad word deur 'n internasionale lughawe bedien.
Die stad se ekonomiese stand as belangrikste nywerheidsentrum in Suidoos-Pole word al dekades lank deur die vliegtuigbedryf bepaal. Daarnaas speel voedselverwerking en farmaseutiese nywerhede 'n beduidende rol. Die ligging naby die Poolse Woudkarpate-berggebied en 'n goed ontwikkelde toeristiese infrastruktuur met talle aantreklikhede maak van Rzeszów 'n gewilde reisbestemming.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rzeszów, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.