Rykie Roux

Rykie Roux, die skuilnaam van Marisa Haasbroek, is ’n Afrikaanse skryfster van liefdesverhale.

Lewe en werk

Marisa Haasbroek word groot in Pretoria en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Vir vyf jaar bly sy in Malmesbury in die Wes-Kaap, waarna sy terugkeer na Pretoria. Sy is redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte, maar word later vryskutskrywer wat benewens romans en kortverhale talle artikels vir tydskrifte skryf. Sy is getroud met die ingenieur Dries Roux en hulle het twee kinders, Johannes en Annamaria, wat sy tuis onderrig.

Die gesin woon eers in die voorstad Moot, maar trek later na Kleinfontein, wat sowat 30 km suidoos van Pretoria geleë is. Hierdie dorp is soortgelyk aan Orania en is ’n kultuurnedersetting vir wit Afrikaners. Op vrywillige basis is sy die kommunikasiebeampte van Kleinfontein. Borskanker word by haar gediagnoseer en sy deurgaan die gehele pynlike behandeling om dit te oorkom. Sy en haar man bly vanaf 2015 vir twee jaar in Washington DC in die Verenigde State van Amerika, waar haar man tydelik werk.

Skryfwerk

Wanneer die kinders gebore word, werk sy van die huis af en begin dan om artikels en kortverhale vir tydskrifte soos Sarie, Rooi Rose en Finesse te skryf. Haar eerste kortverhaal word deur Sarie gepubliseer, waarna sowat dertig ander volg, insluitende Erik se T-hemp wat aanvanklik in 1999 in Sarie gepubliseer is. Mettertyd beproef sy langer werk en begin so om romanses te skryf.

Liefdesverhale

In Naweekbruik trou die argitek-student, Andreas Steyn, vinnig in die geheim met sy professor se dogter, Marguerite. Andreas het ’n verlede en dinge loop lelik skeef wanneer Marguerite al die skinderstories oor haar man begin glo.

Trofeevrou gaan oor die bedorwe rykmansdogter en kampioen perderuiter, Inez. Sy sien die aantreklike kelner by haar verjaardagpartytjie vir ’n gas aan, dans met hom en jak hom dan af. Haar paadjie kruis later weer met Wim Meintjies. Hierdie keer is sy die een wat kerkmuisarm is en hy hou haar toekoms in die holte van sy hande.

Tango met ’n chirurg se hoofkarakter is die mediese student Salome. Die lektore gee haar opdraande, veral dr. Bart de Lange en professor Tjaart Dekker, maar sy verwerk haar frustrasies en leef haar uit in iets wat sy goed kan doen, naamlik die tango.

Jeugverhaal

Sy skryf ook die jeugverhaal Iewers vlieg daar fairy dust, wat sy onder haar eie naam publiseer. Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word.  Sy bly egter in haglike omstandighede in ’n wit plakkerskamp (Hoewe 717), waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. Hierdie roman wen in 2015 die ATKV-Kinderboektoekenning vir graad 8-10.

Publikasies

Rykie Roux

Jaar Naam van publikasie
2002 Beminde merrietjie

Verby die hart se skanse

2003 Droomkaptein se ysprinses

Mia se missie

Wentelbaan van bekoring

2004 Aarbeie vir dokter Aliz

’n Droomman vir Dara

Soos goud vir graniet

Vuurdans

2005 Beminde maanstraal

Die flerrie en die advokaat

Lieflike leuenaar

Tango met ’n chirurg

2006 Die dokter se geheime passie

Lieflike lokval

Mariek en die magnaat

Satynprinses

2007 Dokter Draak

Naweekbruid

2008 Môrester in die hart
2009 Net jy
2010 ’n Meermin vir Xander

Onweerstaanbare vreemdeling

Trofeevrou

2011 Skitternag vir Dokter Vasti
2015 Hibiskusvrou

Marisa Haasbroek

  • Iewers vlieg daar fairy dust, 2014

Bron

Verwysings

Tags:

Rykie Roux Lewe en werkRykie Roux SkryfwerkRykie Roux PublikasiesRykie Roux BronRykie Roux VerwysingsRykie RouxAfrikaanseSkrywerSkuilnaam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Klimaatsverandering in AfrikaKinderregteBlack SashGroepsgebiedewetLys van bekende Suid-AfrikanersLys van politieke partye in Suid-AfrikaVaginaLongontstekingSirkelInentingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeMielieAspoestertjieDansLiewe HeksieChemiese verbindingSirkusSwart menseIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieCleopatra VIILys van Nederlandse skildersPretoriaKondensasieTweede WêreldoorlogLys van landeLys van Afrikaanse rolprenteTegnologieBorsSuid-Afrikaanse randVerenigde State van AmerikaKindersiektesStilleweAgtervoegselNederduitsch Hervormde KerkKasterolieKrugerwildtuinAfrikaMassaWikimedia-stigtingGeskiedenis van erotiese afbeeldingsAborsie in Suid-AfrikaJeugdagPseudowetenskapEkonomiese sektorRymE-posLionel PetersonAgtergrond (narratief)ShakaAfkortingGroot GatAntoniemAfvalbestuurDiatomiese molekuulGoudkus (streek)EreksieRubik se kubusSlangGamelanAustraliëPerdLionel MessiSteenkoolNasiebouIronieWinnie Madikizela-MandelaJaco JacobsVergelykings (taalkunde)SoutsuurJode in Suid-AfrikaDoelwitAkwariumProvinsies van Suid-AfrikaBewaringstatusSamespanningJeuksiekte🡆 More