Russell Louis Rusty Schweickart (* 25 Oktober 1935 - ), is 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, voormalige Nasa-ruimtevaarder, navorsingswetenskaplike, Amerikaanse Lugmag-vlieënier sowel as 'n besigheids- en openbare uitvoerende beampte.
Rusty Schweickart | |
---|---|
Rusty Schweickart in 1971 | |
Gebore | Russell Louis Schweickart 25 Oktober 1935 Neptune Township, New Jersey |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Navorsingswetenskaplike, ruimtevaarder |
Hy is in 1963 gekies as deel van die derde groep ruimtvaarders vir Nasa en word onthou vir werk as die eerste persoon wat die maanmodule gevlieg het tydens die Apollo 9-missie in 1969. Hier het hy die draagbare lewensondersteuningstelsel getoets wat die ruimtemanne sou gebruik tydens hulle wandelings op die Maan. Hy was ook die rugsteunbevelvoerder van die eerste bemande Skylab-missie in 1973, waar hy verantwoordelik was om hardeware en prosedures te ontwerp vir kritiese invlugherstelwerk. Na die Skylab-program was hy steeds by Nasa werksaam.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rusty Schweickart, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.