Mat (Russies: мат, матерщина, матерный язык) is ’n Russiese straattaal wat gebaseer is op spesifieke vulgêre vloekwoorde.
Mat is nie sleng in die gewone sin van die woord nie, maar ’n hele sleng-taal wat net uit vloekwoorde bestaan. Dis moontlik om ’n hele gesprek te voer met vulgêre woorde, iets wat net in Russies moontlik is. Die "taal" het waarskynlik in die Russiese kriminele onderwêreld ontstaan.
Hoewel wyd geglo word dat die naam afgelei is van die Russiese woord vir "ma" (мать), kom dit eintlik van ’n ou Russiese woord vir "hard skree" wat tans net in spesifieke uitdrukkings gebruik word, soos благим матом.
Dit word feitlik deur almal verstaan en word algemeen gebruik, maar dit gee baie mense aanstoot. Die eerste mat-woorde het al in die Middeleeue ontstaan en word gebruik om verskeie redes, soos disrespek, sinisme of selfgelding. Dit is in die 18de eeu vir die eerste keer in die Russiese letterkunde gebruik deur die digter Iwan Barkof. Nie-moedertaalsprekers van Russies word gewoonlik aangeraai om die woorde baie versigtig te gebruik as hulle nie gewoonlik in hul eie taal vloek nie.
Let wel, woorde in die res van die artikel kan aanstoot gee.
Die sleutel-elemente van mat is:
Hierdie vier woorde kan in verskeie kontekste gebruik word en ’n groot aantal woorde kan van hulle afgelei word deur middel van voor- en agtervoegsels. Die eerste uitgawe van die Groot Mat-woordeboek (Большой словарь мата) bevat net woorde wat van die woord choei afgelei is – altesaam 500 van hulle.
Let wel: eufemismes is deurgaans in dié afdeling gebruik.
Verskeie uitdrukkings kan gebruik word om verbasing of verrassing uit te druk: job twojoe mat (ёб твою мать), ni choeja sebje (ни хуя себе), ebat menja w rot! (ебать меня в рот!), ebat-kopat (ебать-копать), ebat-kolotit (ебать-колотить), etit-kolotit (етить-колотить) en vele ander.
Filipp Kirkorof se nuuskonferensie
Michail Lermontof (Петергофский праздник; Peterhof-vakansie), 1834
Die meeste vra-woorde het standaard-antwoorde wat rym. Hulle is eintlik betekenisloos en bloot onbeskof. Die volgende gesprekke is ’n voorbeeld:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Russiese mat (taal), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.