Ruprecht-Karls-Universiteit

Die Ruprecht-Karls-Universiteit (Duits: Ruprecht-Karls-Universität.

Informeel ook bekend as die "Universiteit van Heidelberg") is 'n openbare universiteit wat in Heidelberg, Baden-Württemberg, Duitsland geleë is. Dit is die oudste Duitse universiteit en ook een van die wêreld se oudste bestaande universiteite.

Ruprecht-Karls-universiteit
Ruprecht-Karls-Universiteit

Leuse:Semper apertus
Gestig:1386
Rektor:Bernhard Eitel
Studentetal:29.488 (2011-2012)
Ligging:Heidelberg, Duitsland
Ruprecht-Karls-Universiteit
Die hoofgebou van die universiteit se biblioteek wat in 1905 gebou is.

Die stad Heidelberg het op 23 Oktober 1385 by Pous Urbanus VI die reg verkry om 'n universiteit op te rig. Die universiteit het sedert sy stigting in 1386 deur keurvors Ruprecht I vir baie eeue uit slegs vier fakulteite bestaan: Geneeskunde, Teologie, Regsgeleerdheid en Filosofie. 'n Fakulteit Natuurwetenskappe is eers in 1890 as vyfde fakulteit bygevoeg. Tans beskik die universiteit oor twaalf fakulteite en studeer 29,488 (2011-2012) studente aan die universiteit.

Geskiedenis

Die universiteit was die derde universiteit wat opgerig is in die Heilige Romeinse Ryk, na die Universiteit van Wene en die Karelsuniversiteit.

Die universiteit is in 1386 met pouslike goedkeuring opgerig deur keurvors Ruprecht I. Hy het dit gedoen sodat sy uitgestrekte gebied 'n fokuspunt vir hoër onderwys kon word, om vreemdelinge te lok en om staatsamptenare aan sy eie instelling op te lei. Die eerste professore aan die universiteit was van Parys en Praag; hulle het na die relatief vreedsame Heidelberg gevlug na godsdienstige geskille en onluste in hul eie lande. Die keurvorste het die universiteit goed onderhou, maar self ook ingegryp indien hulle dit nodig geag het, sodat die universiteit nie heeltemal onafhanklik was nie. Op hierdie wyse het dit ruimte geskep vir nuwe denkrigtings soos die humanisme.

Fakulteite

  • Teologie
  • Regte
  • Filosofie
  • Nuwe Filologie
  • Ekonomiese en Maatskaplike Wetenskappe
  • Kultuurwetenskappe
  • Wiskunde en Informatika
  • Fisika en Astronomie
  • Chemie en Geologie
  • Biologie
  • Geneeskunde

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Baden-WürttembergDuitsDuitslandHeidelberg, Duitsland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolhoubaarheidBedreigde spesieLimpopo (rivier)WhatsAppGeslagsgelykheidVenda (taal)BesnydenisTsongaVerkragtingAfleiding (taalkunde)Hector PietersonLatynDikdermHartDie Stem van Suid-AfrikaLenteKorrupsieLionel PetersonMorfeemMorfologie (taalkunde)TrekarbeidKatProteaAgtervoegselRymGeweldLys van musiekinstrumenteErektiele disfunksieSendelingposisieAluminiumSiekteVarkTienerHamburgerAlliterasieHandré PollardNierversakingKrieketRassismeGeboorteWaterbesoedelingFamilie (verwantskap)Nederduitse Gereformeerde KerkOseaanVoedselkettingInsekUniegebouVaste stofSmeltpuntVergelykings (taalkunde)Onderwerp (taalkunde)BreinkaartWapen van NamibiëMark (ekonomie)Klimaatsverandering in AfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieTuberkuloseBrandbergKoerantNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMartin Luther King jr.SomerHerfsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBTWJavaScriptMonopolyBesoedelingAB de VilliersMusiekSuid-Afrikaanse randGlasCradock-4KookpuntTaal🡆 More