Rugby Kanada

Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, afgekort: “RC”; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Kanada beheer.

Die huidige beheerliggaam is in 1974 gestig en in Richmond Hill, Ontario, gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Kanada by Wêreldrugby en sedert 2001 ook by Rugby Amerikas Noord (“RAN”).

Rugby Kanada
Kenteken van Rugby Kanada
Kenteken van Rugby Kanada
Engelse naam Rugby Canada
Afkorting RC
Franse naam Fédération canadienne de rugby à XV
Land Vlag van Kanada Kanada
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1974 (1929)
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1987
Vastelandse beheerliggaam Rugby Amerikas Noord
Voorsitter Tim Powers
Setel Richmond Hill, Ontario, Kanada
Amptelike tale Engels en Frans
Amptelike webwerf rugby.ca

Geskiedenis

Rugby Kanada 
Die Kanadese nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1987

In 1929 is die eerste nasionale beheerliggaam, die Rugbyunie van Kanada, gestig. Die Rugbyunie van Kanada is in 1965 herstig en in 1967 in Kanadese Rugbyunie hernoem; vandag dra dié nasionale beheerliggaam die naam Rugby Kanada. Die Kanadese beheerliggaam het in 1987, net voor die eerste rugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was Rugby Kanada in 2001 ’n stigtingslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association) aangesluit het.

Taak

Rugby Kanada organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Kanada se nasionale seniormansrugbyspan (Canucks of Les Rouges), vroue en jeug. Rugby Kanada hou ook toesig oor sewesrugby in Kanada en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Kanadese Nasionale Olimpiese Komitee saam. Dit beheer ook die Nasionale Juniorkampioenskap, ’n nasionale kompetisie vir o/20-mansspanne. Dit het voorheen die Superliga ondersteun as die hoogste vlak van manskompetisie in die land, maar die liga is gestaak nadat die Amerikas Rugbykampioenskap geskep is in 2009, met slegs Kanadese spanne verteenwoordig in die eerste fase. Naas die amptelike nasionale span roep Rugby Kanada ook ander keurspanne byeen. Canada A is die tweede nasionale span van Kanada en hulle het tot in 2016 aan die Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem, voordat hulle na Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagtoernooi oorgeskakel het. Die Canada Sevens is die Kanadese sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Statebondspele deel. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Kanada. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Kanada oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.

Sedert 2019 neem die Toronto Arrows, ’n Kanadese span deel aan die professionele Major League Rugby, wat oorwegend deur Amerikaanse klubspanne beslis word. Daarbenewens word die amateurtoernooi tussen die tien provinsiale beheerliggame beslis, van wie dié uit Brits-Columbië as sterkste beskou word. Van 2009 tot 2018 is die Kanadese Rugbykampioenskap tussen vier plaaslike keurspanne uitgespeel.

Rugby Kanada organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Onder andere word die Kanada Sewes jaarliks op die BC Place-stadion in Vancouver beslis.

Provinsiale rugbyunies in Kanada

  • British Columbia Rugbyunie
    • Fraser Valley Rugbyunie
    • Vancouver Rugbyunie
  • New Brunswick Rugbyunie
  • Newfoundland Rugbyunie
  • Ontario Rugbyunie
  • PEI Rugbyunie
  • Rugby Alberta
  • Rugby Manitoba
  • Rugby Nova Scotia
  • Rugby Quebec
  • Saskatchewan Rugbyunie

Kenteken

Rugby Kanada se kenteken toon ’n elfpuntige esdoringblaar (Acer saccharum) in die nasionale kleure wit en rooi, ontleen aan die Vlag van Kanada, met die belettering Rugby op. Die nasionale span se byname is Canucks, ontleen aan die slangterm vir Kanadese, en Les Rouges („die rooies“), afgelei van die truikleur.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Rugby Kanada GeskiedenisRugby Kanada TaakRugby Kanada Provinsiale rugbyunies in KanadaRugby Kanada KentekenRugby Kanada Sien ookRugby Kanada VerwysingsRugby Kanada Eksterne skakelsRugby KanadaEngelsFransKanadaOntarioRugbyRugby Amerikas NoordSewesrugbyWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrika-WetVolhoubare ontwikkelingUitwerking van klimaatsveranderingLys van Afrikaanse televisiereekseSatellietfotoMangelontstekingRenaissanceSkrywerWhatsAppFilistyneTaalAkuutMiddelmisbruikKoedoeSpelerposisies in rugbyLys van nedersettings in Suid-AfrikaDesimale breukeSeisoenUnited Democratic FrontWaterCorioliskragEkotoerismeKrygkorTydsoneSeekoeiWisselkoersDrie-eenheidRudi ClaaseBatePerdRobbeneilandTatoeëermerkKasterolieOlimpiese SomerspeleGipsMaatskappyKlimaatsverandering in Suid-AfrikaReënSeevlakVennootskapHerfsHartRooibokWelwitschiaAborsie in Suid-AfrikaLetterkundePampoentjiesGeelsugWapen van Suid-AfrikaGenitale vratGrondbesoedelingSnaarinstrumentBelastingMiljardSpreeuMarie AntoinetteKlinkerVingerseksInfeksieKorrupsieKankerOogproblemeMaatskaplike verantwoordelikheidPoesVaginale kankerGroot GatHibernasieKlereBybelAarde se atmosfeerTelwoordSeksuele opwekkingPaddaKlimaatsverandering in AfrikaDistrik SesGrondsoorte🡆 More