Rotten Tomatoes: Webtuiste oor rolprente

Rotten Tomatoes is ’n webtuiste wat in 1998 begin is en gewy word aan rolprentresensies en -nuus.

Televisie word ook nou gedek. Die naam is afgelei van die ou gebruik dat gehore vrot tamaties gegooi het wanneer hulle nie van ’n verhoogoptrede gehou het nie. Die maatskappy is deur Senh Duong gestig en word sedert Januarie 2010 besit deur Flixster, wat op sy beurt in 2011 deur Warner Bros. oorgeneem is.

Rotten Tomatoes
Rotten Tomatoes: Webtuiste oor rolprente
URL rottentomatoes.com
Kommersieel? Ja
Soort webwerf Rolprentresensies en -nuus
Registrasie Opsioneel
Gelanseer 12 Augustus 1998 (1998-08-12) (25 jaar oud)
Huidige status Aktief

Beskrywing

Rotten Tomatoes is een van die topduisend webtuistes wêreldwyd (sowat 550ste). Unieke besoekers aan is sowat 26 miljoen, volgens Quantcast.

Die personeel van Rotten Tomatoes versamel eers aanlyn resensies van skrywers wat gesertifiseerde lede van verskeie skrywersgildes of resensente-organisasies is. Om as ’n resensent aanvaar te word, moet die persoon se oorspronklike resensies ’n sekere getal "likes" van gebruikers kry. Dié wat as "topresensente" geklassifiseer word, skryf gewoonlik vir groot koerante. Die personeel besluit of ’n resensie positief is ("vars", aangedui deur ’n klein ikoon van ’n rooi tamatie) of negatief ("vrot", aangedui deur ’n klein ikoon van ’n groen tamatie wat spat).

Ikoon Telling Beskrywing
Rotten Tomatoes: Webtuiste oor rolprente  75-100% As vars gesertifiseer. Prente wat deur minstens 40 resensente geresenseer is
(insluitende 5 topresensente) kry dié ikoon. Hulle verloor die ikoon as hul telling onder 70% daal.
Rotten Tomatoes: Webtuiste oor rolprente  60-74% Vars. Die uitsondering, "60–<74%", is wanneer ’n prent deur minstens 40 resensente beoordeel is (insluitende 5 topresensente).
Rotten Tomatoes: Webtuiste oor rolprente  0-59% Vrot. Prente met so ’n telling kry dié ikoon.

Die webtuiste hou telling van al die resensies vir elke rolprent en die persentasie positiewe resensies word bereken. (Groot prente wat kort tevore uitgereik is, kan tot 300 resensies kry.) As die positiewe resensies 60% or meer uitmaak, word die prent as "vars" beskou omdat die meeste resensente daarvan hou. As die positiewe resensies minder as 60% is, word die prent as "vrot" beskou.

Topresensente soos Roger Ebert, Desson Thomson, Stephen Hunter, Owen Gleiberman, Lisa Schwarzbaum, Peter Travers en Michael Phillips word in ’n aparte lys aangedui en hul resensies word apart bereken. Hul opinies word ook in die algemene telling ingesluit.

Verwysings

Tags:

RolprentTamatieTelevisieWebtuiste

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ByJohannesburgDiskriminasieNatuurwetenskapReg tot ‘n gesonde omgewingLettergreepVrystaatSkoenlapperXenofobie in Suid-AfrikaKeramiekMuskietLimpopo (rivier)Geskiedenis van Suid-AfrikaBiologieKlimaatsverandering in AfrikaVraag en aanbodOopbroninhoudPikkewynSelfieVingerseksBelastingKangaroeAngssteuringBreinkaartPlaattektoniekKatDierWhatsAppVolstruisSirkelHomofoonAandagstreepMandalaRomanKameelperdFiela se kindEnkelvoudige sinWebwerfCorioliskragArmoedeverligtingVoegwoordReënspinnekopWêreld- Ekonomiese ForumKappie (skryfteken)Demi Lee MooreLys van Joodse feeste en herdenkingsBeroerteMenstruasieViëtnamoorlogSarel Jacob PretoriusSpinnekopAnrich HerbstPeriodieke tabelAkroniemLugbesoedelingDonderstormVigsNeurenberg-verhoreOutismeAfkappingstekenMadison IvyTeam Fortress 2TandbederfHeupOlimpiese Somerspele 2024VoornaamwoordBestaansboerderyKaliumRieldansMeningsverskil oor aardverwarmingKunsHipoteseProstaatkanker🡆 More