Roossenekal: 'n dorp in Limpopo, Suid-Afrika

Roossenekal is 'n dorp in Limpopo, Suid-Afrika.

Dit is ongeveer 25 km noord van Stoffberg. Die dorp kan sy oorsprong terugvoer na die oorlog (1882–1883) tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Mapoggers en is vernoem na veldkornet Stephanus Johannes Roos en kommandant Frederik Senekal.

Roossenekal
Die Nederduitsch Hervormde kerkgebou van Roossenekal
Roossenekal is in Limpopo
Roossenekal
Roossenekal
Roossenekal: Geskiedenis, Omgewing, Sien ook Roossenekal se ligging in Limpopo
Koördinate: 25°12′S 29°55′O / 25.200°S 29.917°O / -25.200; 29.917 29°55′O / 25.200°S 29.917°O / -25.200; 29.917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikSekhukhune
MunisipaliteitElias Motsoaledi
Stigting1886
Oppervlak
 • Totaal2,52 km2 (0,97 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal2 625
 • Digtheid1 042/km2 (2 700/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense6.1%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense0.7%
 • Swart mense92.5%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Noord-Sotho 67.3%
 • Ndebele 8.8%
 • Afrikaans 6.3%
 • Zoeloe 3.3%
 • Ander 14.3%
Poskode (strate)
1066
Skakelkode013

Geskiedenis

Roossenekal: Geskiedenis, Omgewing, Sien ook 
Die graf van Stephanus Johannes Roos

Roossenekal is vernoem na twee offisiere van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) wat tydens die Mapogoorlog gesneuwel het. Hierdie oorlog is in 1882-3 gevoer teen die Mapoggers, 'n stam wat op verskeie koppe oos van die Steelpoortrivier in Mpumalanga gewoon het.

Frederik Senekal was die kommandant van die Rustenburg kommando. Hulle het laer getrek by 'n magneetkoppie, wat later as feesterrein gebruik is. Hulle taak was om een van die Mapoggers se statte, kwaPondo (Vlugkraal), aan te val. Sommige swart krygers het in aangrensende grotte weggekruip. Op 25 November 1882 het Senekal besluit om daardie grotte met dinamiet op te blaas. Hy het by een van die grotte ingeloer en is toe deur die kop geskiet. Hy is naby Rustenburg se laer begrawe.

Veldkornet Stephanus Johannes Roos was 'n lid van die Pretoria kommando. Hierdie kommando was deel van die hooflaer en was getrek juis waar die dorp Roossenekal later uitgelê is. Op 28 Februarie 1883 het 'n taakmag van 250 man opgeruk na 'n hoë kop waar die vyand in grotte weggekruip het. Twee ladings van 200 lb. dinamiet is in die grotte afgeskiet. Toe Roos daarna by die een grot inloer, tref 'n koeël hom in die kop. Hy is op slag dood. Hy is net langs die hooflaer begrawe.

Die dorp Roossenekal is in 1886 geproklameer, nadat G.R. von Wielligh dit opgemeet het. Daar is 134 erwe van 200 voet by 200 voet.

Omgewing

Roossenekal is die nuwe eindpunt vir die takspoorlyn vanaf Middelburg. Dit is in 1966 verleng vanaf Stoffberg toe vanadium, titaan en ystererts in die voorheuwels van die Steenkampsberge ontdek is. Die Mapogsmyn is naby die dorp. Die distrik is ook bekend vir sy geel varkore.

'n Standbeeld van hoofman Nyabêla is by die Mapogsgrotte op 17 Desember 1970 opgerig.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog het die NG Kerk by Laersdrif 'n nedersetting vir armblankes gestig. Dit is sowat 15 km suidwes van Roossenekal geleë.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Roossenekal GeskiedenisRoossenekal OmgewingRoossenekal Sien ookRoossenekal VerwysingsRoossenekal BronneRoossenekalLimpopoStephanus Johannes RoosStoffbergSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksHarry PotterJagluiperdZenobia KockOorlogISimangaliso-vleilandparkSteenkool in Suid-AfrikaApostelVerbruikerSiya KolisiDataverwerkingKonsentrasiekampVolksrepubliek ChinaHernubare energieSelfvertroueArmoedeGerda SteynEkonomiese sektorLiefdeDawidVleilandEkonomieGewone tortelduifSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994SonnestelselLeonardo da VinciTrappe van vergelykingNasionale VrouedagOu Apostoliese KerkMaselsLongontstekingMorfeemRuteniumProstaatklierHondSarah Rose KarrPersoon (taalkunde)SpinnekopMin ShawCyril RamaphosaNeurenberg-verhoreHomofoonDuifWaterbesparing in Suid-AfrikaEskomSpelerposisies in rugbyKoringMeervoudDikdermWitkruisarendIntertekstualiteitOnbemande vliegtuigKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKriekOnderhandelinge om apartheid te beëindigPuberteitChris HaniCSSMatriek in Suid-AfrikaSuid-AfrikaMaanOnse VaderDigvormWes-KaapGrondwetMeningsverskil oor aardverwarmingNoFapFotosinteseJan-Willem BreureKaapstadse waterkrisis 2015-2018Suid-Afrikaanse randRuhan du ToitSteve HofmeyrAfrican Movement CongressSpierdistrofieWet op Naturellengrond🡆 More