Roosj Hasjana (Hebreeus: ראש השנה, hoof van die jaar) is die Joodse nuwejaar, wat twee dae duur en plaasvind op die eerste en tweede dag van die eerste Joodse maand Tisjrie (volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober).Roosj Hasjana is 'n tyd van gebed en inkeer, en in die sinagoge word die sjofar (ramshoring) honderd keer geblaas.
Die Jode wens mekaar sjana towa, wat 'gelukkige nuwejaar' beteken, eet appels met heuning en doen tasjliech.
Die fees Roosj Hasjana is ingestel in Wajikra/Levitikus 23,24 en Bemidbar/Numeri 29,1 maar die eerste aanduiding van viering is in Jegezkel/Esegiël 40,1.
Roosj Hasjana is volgens die Joodse kalender op 1 Tisjrie, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin). Aangesien maande in die Joodse kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.
Jaar in die Joodse kalender | Datum in die Gregoriaanse kalender |
---|---|
5778 | 20–22 September 2017 (Wo/Do/Vr) |
5779 | 9–11 September 2018 (So/Ma/Di) |
5780 | 29 September – 1 Oktober 2019 (So/Ma/Di) |
5781 | 18–20 September 2020 (Vr/Sa/So) |
5782 | 6–8 September 2021 (Ma/Di/Wo) |
5783 | 25–27 September 2022 (So/Ma/Di) |
5784 | 15–17 September 2023 (Vr/Sa/So) |
5785 | 2–4 Oktober 2024 (Wo/Do/Vr) |
5786 | 22–24 September 2025 (Ma/Di/Wo) |
5787 | 11–13 September 2026 (Vr/Sa/So) |
5788 | 1–3 Oktober 2027 (Vr/Sa/So) |
5789 | 20–22 September 2028 (Wo/Do/Vr) |
5790 | 9–11 September 2029 (So/Ma/Di) |
5791 | 27–29 September 2030 (Vr/Sa/So) |
Wiki Commons bevat media in verband met Roosj Hasjana. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Roosj Hasjana, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.