Die rooioogtiptol (Pycnonotus nigricans) is 'n algemene, amper endemiese standvoël en plaaslike nomade in dorre savanne, rivierbos en tuine.
In Engels staan die voël bekend as die Black-fronted bulbul of die African red-eyed bulbul.
Rooioogtiptol | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. nigricans |
Binomiale naam | |
Pycnonotus nigricans (Desfontaines, 1789) | |
Die voël word 19 cm lank en weeg 22 tot 36 gram. Die rooi oogkring is kenmerkend van die spesie.
Hierdie voëls lê 3 eiers op 'n slag. Die eiers is pienk getint met donker merke daarop.
Die spesie word in Namibië, Botswana en die westelike dele van Suid-Afrika in rivierbos en in droë struikgewasse naby water aangetref. Daar is twee subspesies:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Rooioogtiptol, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.