Rooihek-Administrasiegebou: Gebou in Moskou

Die Rooihek-administrasiegebou is een van die neoklassieke geboue in Moskou bekend as die Sewe Susters van Josef Stalin wat in die vroeë 1950's gebou is.

Dit is deur Aleksei Doesjkin ontwerp en in 1953 voltooi. Sy naam kom van Rooihekplein, waarop dit staan.

Rooihek-Administrasiegebou: Gebou in Moskou
Die Rooihek-administrasiegebou in Moskou.

Beskrywing

Die hooftoring het 24 vlakke en is 133 m hoog. Dit bevat onder meer twee woonstelkomplekse van 11 verdiepings wat deur dieselfde argitek ontwerp is. Die komplekse bevat sowat 300 woonstelle elk.

Die bou van die wolkekrabber is bemoeilik deur die nabygeleë Moskouse Metro-tonnels en die Krasnije Worota-treinstasie. Doesjkin het ’n tweede ingang na die stasie op die grondverdieping van die wolkekrabber gebou; dit is op 31 Julie 1954 geopen.

Nadat dit die hoofkwartier van die departement van swaarnywerheidsbouwerk was, het die administratiewe deel van die gebou ook die departement van vervoerbouwerk gehuisves. Dit is ook bekend as die Lermontof-toring, genoem na die skrywer Michail Lermontof en Lermontofskajaplein, soos Rooihekplein tussen 1962 en 1986 geheet het.

Verwysings

Eksterne skakels

37°38′58″O / 55.77000°N 37.64944°O / 55.77000; 37.64944

Tags:

Josef StalinMoskouSewe Susters (Moskou)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SirkusRoofvoëlMierGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSkaapRob HersovVlekvrye staalKunsmisWetenskapAfrikaansWaterstofNelson MandelaBywoordSuid-AfrikaAfro-AmerikanersDemokrasieAfrikaDikdermKrokodilEufemismeHeupResensieVerenigde KoninkrykTolla van der MerweLionel PetersonEiffeltoringLandbouNiersteenGedigSpinnekopLidwoordMensJohannesburgKontinentBoelieryProstaatklierEkostelselStrykysterVersamelnaamHoenderPeter SnydersLys van Griekse mitologiese figureMenslike skeletRacheltjie de BeerGoudBosluisAfvalbestuurSlaginstrumentBrittany Ashton HolmesFrederik Willem de KlerkVerenigde State van AmerikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMikro-ekonomieBeaufortskaalElektroniese of digitale mediaJohannes HahnChristiane JaccottetFabelBorskankerWerkloosheidApostoliese GeloofsbelydenisAfleiding (taalkunde)Sarel Jacob PretoriusWeeluisCarles PuigdemontKolonoskopieEreksieSuurstofDaggaInligtingGordelroosBokmakierieVrouMiskruierDesmond TutuLys van Afrikaanse skrywersHipotese🡆 More