Rooiborslaksman

Die rooiborslaksman, Laniarius atrococcineus, is 'n insekvretende, kleurvolle voël met 'n karmosynrooi bors, maar in uitsonderlike gevalle 'n gele.

Atrococcineus beteken swartrooi. Dit is 'n bosveldvoël wat in doringveld, dikwels in droër sanderige omgewings in suidelike Afrika voorkom.

Rooiborslaksman
Rooiborslaksman
Volwasse mannetjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Malaconotidae
Genus:
Laniarius
Spesie:
L. atrococcineus
Binomiale naam
Laniarius atrococcineus
(Burchell, 1822)

Die swartkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik onder andere hierdie voël as broeigasheer vir sy kleintjies.

Kortlikse identifikasie

Grootte

    Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Snawel

    Donker, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote

    Donker met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels.

Veredos

    Karmosynrooi onder, swart bo met wit strepe in die vlerke.

Gewoontes

    Toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat

    Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.

Geluid

    Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status

    Algemeen

Kan verwar met

    Geen.

Identifikasie

Mate

    Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Lengte

      22-23 sentimeter.

Gewig

      48 gram.

Snawel

    Blinkswart, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote

    Swart met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels. Tarsus sigbaar, onderste stukkie van tibia is sigbaar, maar met swart veertjies bedek.

Veredos

Manlik

      Karmosynrooi keel, -bors, -pens en –onderstertdekvere.
      Swart agterkop, -rug, -kruis, -bo-stertdekvere. Vlerke is swart met duidelike wit strepe op die vlerke.

Vroulik

      Soos manlik.

Gewoontes

    Een of twee toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat

    Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.
    Kompeteer dikwels met die fiskaallaksman vir habitat.

Geluid

    Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status

    Algemeen

Verspreiding

    Suidwes Angola, Namibië, Botswana, Noord-Kaap: noord van die Oranje-rivier, Noordwes, Limpopo, noord en wes Mpumalanga, Gauteng, noord- en wes-Vrystaat.

Kos

    Insekte

Kan verwar met

    Geen.

Naam

Latyn

      Laniarius atrococcineus

Engels

      Crimsonbreasted Shrike/Gonolek

Ou identifikasie nommer

    739

Sien ook

Bronnelys

  • Maclean, Gordon Lindsay Roberts’ Birds of Southern Africa. John Voelcker Bird Book Fund, Kaapstad, 1985.
  • Newman, Kenneth Newman se Voëls van Suider-Afrika. Southern Boekuitgewers (lid van New Holland Struik Groep), Halfweghuis, 1991.
  • Sinclair, Ian, Hockey, P.A.R., Arlott, Norman The larger illustrated guide to birds of southern Africa. Struik Publishers (lid van New Holland Uitgewers), Kaapstad, 2005

Tags:

Rooiborslaksman Kortlikse identifikasieRooiborslaksman IdentifikasieRooiborslaksman Sien ookRooiborslaksman BronnelysRooiborslaksman

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Provinsies van Suid-AfrikaParasitiese siektesSatellietfotoLeeuEienaamWaterstofEllipstekenWatersuiweringAbstraksie (rekenaarwetenskap)KoolhidraatDoelwitSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaroela MediaHondeklipbaaiLys van musiekinstrumenteLetterkundeLugbesoedelingBynierKunsWaterpokkiesCholeraSoweto-opstandGeslagsgelykheidNatuurMartin Luther King jr.SwangerskapArmoedeverligtingWetenskaplike klassifikasieOlimpiese SpeleKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWitbloedselKleurKasterolieGoogleWisselkoersEkonomiese sektorSoogdierGenadedoodOrgasmePerdEnkelvoudige sinNatuurrampSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVaste stofGewone breukeCovid-19-pandemieNelson MandelaBreinvliesontstekingKaliumHulpwerkwoordBeesWeer (meteorologie)GipsMandalaMetaalAngolese BurgeroorlogSatellietEreksieKaapstadse waterkrisis 2015-2018Tradisionele literatuurFilosofieJavaScriptTegnologieEmfiseemPinksterVlekvrye staalSekondêre sektor van die ekonomieOntbossingDwelmmiddelYstertydperkKoolstofdioksiedSimbool🡆 More