Rolene Strauss

Rolene Strauss (gebore 22 April 1992) is ’n skoonheidskoningin van Bloemfontein wat in 2014 as Mej.

Suid-Afrika en Mej. Wêreld gekroon is. Sy is op Volksrust gebore en het haar skoolloopbaan daar voltooi (aan die Hoërskool Volksrust). Sy het haar mediese studie einde 2017 aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.

Rolene Strauss
Rolene Strauss
Gebore
Rolene Strauss

22 April 1992
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepStudent
Bekend virMej. SA 2014
Mej. Wêreld 2014

Geskiedenis

Rolene het in 2000 op agtjarige ouderdom die kroning van Jo-Ann Strauss as Mej. Suid-Afrika beleef. Sy het gedroom van die dag dat sy self die kroon sou kon dra. Die twee skoonheidskoninginne is nie verwant aan mekaar nie.

In 2011 het sy in die topvyf geëindig tydens die Mej. SA-wedstryd, maar Melinda Bam het die titel verower.

In 2014 was sy een van die 12 finaliste wat aan die werklikheidsreeks Pad na Mej. Suid-Afrika deelgeneem het. In Maart 2014 is sy in die Sun City Superbowl as Mej. Suid-Afrika gekroon. Sy het ’n platinumkroon en ’n prys van R1,3 miljoen gewen. In haar aanvaardingstoespraak het sy gesê sy gaan haar toespits op gesondheidsvraagstukke en bygevoeg: "Ons is tot soveel meer in staat wanneer ons gesond is, liggaamlik, verstandelik en emosioneel."

Sy het Suid-Afrika hierna in die Mej. Heelal 2014- en Mej. Wêreld 2014-wedstryd verteenwoordig. Op 14 Desember 2014 is sy in Londen, Engeland, as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Mej. Hongarye is as die eerste prinses en mej. Amerika as die tweede prinses aangewys. Sy het die kroon oorgeneem by Megan Young van die Filippyne.

Rolene is op 29 Maart 2015 deur Liesl Laurie opgevolg as Mej. Suid-Afrika en op 19 Desember van dié jaar deur Mej. Spanje, Mireia Lalaguna, as Mej. Wêreld.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Marilyn Ramos
Mej. Suid-Afrika
2014
Opgevolg deur
Liesl Laurie

Tags:

BloemfonteinHoërskool VolksrustMejuffrou Suid-AfrikaUniversiteit van die VrystaatVolksrust

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MantisCalviniaMona LisaNeerslagElon MuskNetbalVerkoueTweede WêreldoorlogJakkalsSprokieVerenigde State van AmerikaAarde se atmosfeerAntisemitismeKindersiektesInvloed van vigs op die ekonomieKaapstadJaarLodewyk XVI van FrankrykDansKoperWêreldwye webRugbySelfstandige naamwoordOorstromingMotorvoertuigTweede VryheidsoorlogMiddelmisbruikEuropaHemelvaartsdagReg tot ‘n gesonde omgewingSokkerHartGeslagsgelykheidCarike KeuzenkampCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHeupvervangingWaterWikiquoteRussiese inval in Oekraïne sedert 2022LeeuSuid-Afrika-WetWhatsAppLetterlike en figuurlike taalgebruikJudaïsmeBaälSwaelVarkgriepStokely CarmichaelSaartjie BaartmanMosambiekKasteel die Goeie HoopErfenisdag (Suid-Afrika)SeksualiteitVoorsetselHorlosieKoorsblaarTreinAngina pectorisMenslike seksuele gedragGeestesteuringPornhubAdolf HitlerSwartbewussynsbewegingWiki CommonsAardkorsKarakteriseringKarooBeurtkragCovid-19-pandemieKrampKlimaatsverandering in Suid-AfrikaChristendomWater (molekuul)SonnestelselRepubliek die KongoReënspinnekop🡆 More