Rog

Rog (Secale cereale) is ’n grassoort (familie Poaceae) wat algemeen as ’n graan, dekplant of weiding geplant word.

Dit is lid van dieselfde tribus as koring, naamlik Triticeae, en naby verwant aan gars (genus Hordeum) en koring (Triticum). Rog word gebruik om meel, rogbrood, rogbier, whisky en veevoer te maak. Dit kan ook soos hawersemels rou geëet word.

Rog
Rog
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Subfamilie: Pooideae
Genus: Secale
Spesie:
S. cereale
Binomiale naam
Secale cereale
L., (1753)

Geskiedenis en gebruik

Rog is een van die spesies wat wild in Turkye en omliggende streke groei. Dit is sedert die Neolitikum as kos aangeplant, aanvanklik in klein hoeveelhede maar sedert die Bronstyd in Sentraal-Europa (omstreeks 1800-1500 v.C.) meer algemeen.

Rog 
Korrels rog.
Rog 
Secale cereale

Plinius die ouere was nie baie beïndruk met rog nie en het geskryf dit is ’n "baie swak kossoort" en moet net voorgesit word "om hongersnood te vermy".

Sedert die Middeleeue is dit in groot hoeveelhede in Sentraal- en Oos-Europa verbou. Dit is in die meeste gebiede oos van die Frans-Duitse grens en noord van Hongarye die belangrikste graansoort vir brood. Dit word ook in Suid-Europa verbou.

Rog word in ’n meel fyngemaal. Rogmeel bevat baie gliadien, maar min glutenien. Dit het dus ’n laer gluteninhoud as koringmeel. Dit bevat ook ’n hoër proporsie verteerbare vesel. Rogbrood word van rogmeel gemaak en is ’n belangrike kossoort in Noord- en Oos-Europa.

Die graan word gebruik vir die maak van alkoholiese dranke, soos rogbier en -whisky asook vir kwas en kruiemedisyne bekend as rogekstrak. Dit word ook aangeplant as ’n dekgewas en vir groen kunsmis, en rogstrooi word gebruik vir diere om op te slaap.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EjakulasieKultuurElektrisiteitsvoorsieningKaapstadLika BerningVratOrale seksInstagramWortelMierleeuSelfoonRob HersovPomeloVakbondHemelvaartAfrikaansKaren MeiringHeuningCarike KeuzenkampPad na jou hartKoringVerkleinwoordKrieketLandbouPapierSteenkoolChloorAntisemitismeWiskundige terminologieLys van Kaapstad se voorstedeSkildklierKobus LombardRooikatHeupvervangingVlekvrye staalAborsie in Suid-AfrikaDeon MeyerPsigopatieManie JacksonHamilton WesselsWoordeboek van die Afrikaanse TaalAalwynAborsieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJames AlexanderGrondwet van Suid-AfrikaCleopatra VIIRonelda KamferEmosieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalRandall WicombMuskeljaatkatLys van musiekinstrumenteBloemfonteinRepubliek van Zoid AfrikaSywurmApostelMiddelmisbruikSamestellingRenteJazzByAtoomBeroerteWilna SnymanBloedvergiftigingAlice MunroNaboomAlliterasieAkkedisMuskietSomerOnderwysVerdampingMalaria🡆 More