Roelf Meyer

Roelof Petrus (Roelf) Meyer (gebore 16 Julie 1947, Port Elizabeth) is 'n Suid-Afrikaanse politikus.

Roelf Meyer

Minister van Konstitusionele Ontwikkeling en Provinsiale Sake
Ampstermyn
1994 – 1996
President Nelson Mandela
Opgevolg deur Mohammed Valli Moosa

Minister van Konstitusionele Ontwikkeling en Kommunikasie
Ampstermyn
1992 – 1994
President F.W. de Klerk
Opgevolg deur self, nuwe posbeskrywing

Minister van Verdediging
Ampstermyn
1991 – 1992
President F.W. de Klerk
Voorafgegaan deur Magnus Malan
Opgevolg deur Gene Louw

Persoonlike besonderhede
Gebore 16 Julie 1947 (1947-07-16) (76 jaar oud)
Port Elizabeth
Politieke party Nasionale Party
African National Congress
Alma mater Universiteit van die Vrystaat

Hy matrikuleer in 1964 in Ficksburg en voltooi sy BComm (1968) en LLB (1971) aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna praktiseer hy as prokureur in Pretoria en Johannesburg. In 1979 begin sy politieke loopbaan as Lid van die Volksraad. Hy dien as adjunkminister van Wet en Orde en Konstitusionele Ontwikkeling (1968 – 1991) en later as Minister van Verdediging (1991 – 1992), Konstitusionele Ontwikkeling en Kommunikasie (1992 – 1994) en Konstitusionele Ontwikkeling en Provinsiale Sake (1994 – 1996).

As die hoofonderhandelaar van die Nasionale Partyregering was hy nou betrokke by die onderhandelinge vir 'n demokratiese Suid-Afrika (Veelparty Onderhandelingsforum) in 1993 na die mislukking van KODESA. In hierdie hoedanigheid het hy tesame met Cyril Ramaphosa, wat die hoofonderhandelaar van die African National Congress was, die einde van apartheid verwesenlik deur vreedsame onderhandelinge. Hy het ook nou geskakel met dr. Niël Barnard, die Nasionale Intelligensiediens se destydse hoof, wat 'n sterk ondersteuner van 'n onderhandelde skikking vir Suid-Afrika was. Met die afsluiting van die onderhandelinge in November 1993, word hy die regering se hoofverteenwoordiger op die Uitvoerende Oorgangsraad.

Hierdie onderhandelinge het gelei tot die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in April 1994. Na die verkiesing bly hy in die portefeulje van Konstitusionele Ontwikkeling en Provinsiale Sake in die Kabinet van Nelson Mandela.

Sy ouer broer, Anton "Tobie" Meyer, was Adjunkminister van Landbou en Landsake in hierdie regering. Weereens het hy met Cyril Ramaphosa, die voorsitter van die Konstitusionele Vergadering, saamgewerk.

Hy is tans 'n besigheidsman en dien as konsultant vir vredesprosesse. In hierdie hoedanigheid is of was hy betrokke by baie lande oor die wêreld heen – Noord-Ierland, Sri Lanka, Rwanda, Kosovo en Bolivië sowel as die Baskiese gebied en die Midde-Ooste. Hy dien op die Strategiese Komitee van die projek oor Tye van Transisie in New York. Hy was ook die voorsitter van die Tip O’Neil Vredesstudies by die Universiteit van Ulster in Noord-Ierland in 2001.

Tags:

16 Julie1947Port ElizabethSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

1200Septimius AwardsBiologieDundermKunsmisSelfoonEkonomiese sektorKlein vyf diereJan van RiebeeckLNedersettingWortelPornografiese akteurOnderhandelinge om apartheid te beëindigArthur GrumiauxVerkoue2001DemokrasieFaf de KlerkRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Thys die BosveldklongNazi-DuitslandWaterbesoedelingAfrikaanse woordelys en spelreëlsYstervarkPaulus van TarsusSwangerskapJakkalsN.P. van Wyk LouwSonnestelselRobbeneilandSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024OseaanSuid-AfrikaSpringbokkeSkaapJo BlackWolkProvinsies van Suid-AfrikaNasiebouAfleiding (taalkunde)WinterLien se lankstaanskoeneNederduitsch Hervormde KerkDierAarverkalkingBorskankerOlimpiese SpeleStillewe23 AprilNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyTuisbladSelfstandige naamwoordEkostelselKunsKoolhidraatSosiale mediaLieweheersbesieElektroniese of digitale mediaPolisieKimberleyKolonisasieRobert SobukweBreingewasGordelroosMusieksimboleIngenieursweseTropiese sikloonDroomGeografie van Suid-AfrikaEeuOmtrek, oppervlakte en volumeSendelingposisieGeskiedenis van die Verenigde State van Amerika🡆 More