Rodney Seale: Suid-Afrikaanse evangelis, motiveringspreker en skrywer

Rodney Seale is 'n Suid-Afrikaanse evangelis, motiveringspreker en skrywer.

Vanaf die vroeë jare tagtig tree hy op as Afrikaanstalige spreker en afrigter by skole, universiteite, organisasies, jeugkampe en gesinskampe. Hy praat ook op die radio en televisie en produseer video- en oudiomateriale. In die tagtiger jare het hy in Suid-Afrika 'n bekende naam geword deur sy stryd teen wat hy sien as die gevare van rockmusiek en teen satanisme.

Seale stam uit 'n Engelstalige gesin van Rhodesië. Toe hy jonk was, het hy Suid-Afrika toe verhuis en matrikuleer hy by 'n Afrikaanse hoërskool. Hy is getroud en het twee dogters en twee kleinkinders.

Aandagsgebiede

Seale is in Suid-Afrika bekend vir sy praatjies met skoolkinders en opvoedkundiges oor die gevare, soos hy dit sien, van rockmusiek. Hierdie musiek maak glo die deur oop na 'n reeks sosiale probleme vanuit 'n konserwatief Christelike perspektief, soos kommunisme, misbruik van alkohol en dwelms, homoseksualiteit, promiskuïteit, pornografie, Oosterse godsdienste, rebellie, satanisme en liberale politieke opvattinge.

Ook op musikante in ander populêre genres as rock het hy kritiek gelewer. Van die muiekgroepe en sangers wat deur Seale gekritiseer is weens hulle gebruik van sekere beelde en/of lirieke, is AC/DC, Black Sabbath, Iron Maiden, Queen, Olivia Newton-John, Bette Midler, Patti Smith, Strawbs, die Eagles, Boney M, Shaun Cassidy en John Denver. Een van die wyses waarop rockgroepe volgens hom jongmense beïnvloed, is backmasking: boodskappe wat versteek is en wat jy net kan hoor as jy die liedjie agteruit speel. Oor die vermeende gevare van rockmusiek skryf hy Rock musiek: die reg om te weet (sic; 1988).

Sy boek Satanisme: die reg om te weet (1991) gaan oor die satanisme wat glo wydversprei is in die Suid-Afrikaanse samelewing, en die bedreiging daarvan vir die jeug. In die boek sê Seale daar is bedekte sataniese covens in die maatskappy, en jongmense raak betrokke by satanisme deur die invloed van rockmusiek en groepsdruk. Die oplossing wat hy sy publiek aanbied is om vir Jesus Christus te aanvaar as hulle persoonlike verlosser en om die raadgewing van die Bybel te volg.

Die Cordis Trust, wat as doelwitte die bevordering van kuns en geestelike werk het, het vir Seale die Orde van die Kruik-toekenning gegee vir sy boek oor tieners en selfmoord. Nog 'n onderwerp waaroor hy gepubliseer het, is afknouery.

Publikasies

  • Dealing with Generation gaps in the Corporate environment focusing on Sociological behavior and patterns (MBA-tesis)
  • Developing guidelines to assess the strengthening of parent – child relationships, within the context of family dynamics (doktorale tesis)
  • Help my a.s.b.!: tienersatanisme (sic; 1990)
  • Waarom moet ek bid (1991)
  • Rock musiek: die reg om te weet (sic, M.F.Y., 1988, 1990, 1991)
  • Satanisme: die reg om te weet (Hans Kirsten Uitgewery, 1991)
  • Help my a.s.b.! Is daar oorlewing in 'n seksmal wêreld? (sic; Baruk, 1991)
  • Alkoholisme: daar is oorwinning-- verseker (1992)
  • Help my a.s.b.! : tiener selfmoord (sic; Evangelie Uitgewers, 1993)
  • Liefde, seks & jy: praktiese raad aan jongmense oor God se plan met seks (1996)
  • Van zero tot hero (Carpe Diem Boeke, 2002)
  • Gehoorsame ouers en streng kinders: 'n vlugplan vir gesinne wat op koers wil kom (Carpe Diem Boeke, 2003)
  • Finessemeisie dagbeplanner 2006 (Carpe Diem Boeke, 2005)
  • Finessemeisie dagbeplanner 2007: Met oordenkings om jou jaar amazing te maak (Carpe Diem Boeke, 2006, met Louis Britz en Maretha Maartens)
  • Die amptelike boek vir dogters: net wat jy nodig het om 'n oulike dogter te wees (Carpe Diem Boeke, 2006)
  • A tot Z van ouerskap: net wat jy nodig het om jou tiener suksesvol groot te maak (2007)
  • Boelies: Genoeg is genoeg!
  • Help My Asb!: Rebellie en weglopers

Verwysings

Tags:

AfrikaansRockmusiekSatanismeSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BiologieStudievaardighedeNoord-KaapKrapDurbanTshwane-Universiteit vir TegnologieAngina pectorisWildehondKommunikasieSkeletMaatskappyImpakte van toerismeMierPornografiese akteurBloukraanvoëlKontinentAmor VittoneKinderregteWêrelderfenisgebiedGeldeenheidDriedimensioneelMing-dinastieStam (taalkunde)Aarde se atmosfeerMenslike skeletKompasSeksposisieHandel (ekonomie)Selfstandige naamwoordNasiebouReddingskakeGoogleDigvormWebwerfOsoonuitputtingLys van bekende Suid-AfrikanersMikroskoopSelfkonsepTelefoonDansKwashiorkorBruin menseLongontstekingGroot vyfLongHindoeïsmeStereotipeWillie JoubertO.R. Tambo Internasionale LughaweKennisNG gemeente BloemfonteinKasteel die Goeie HoopLugbesoedeling2024VanadiumRooibosDikdermNoag se arkLiggaamlike OpvoedingKolonialismeDeelwoordDieregeluideAanhalingstekensSamaritaneAfrikaanse WikipediaAnrich HerbstProvinsies van Suid-AfrikaBoesmanIslamHaaieEenvoudige hangbrugAanpassing (biologies)AardrykskundeGeelslangTimboektoeSamestellende afleidingOudtshoorn🡆 More