Robert Reed: Emmy Award-genomineerde Amerikaanse verhoog- en televisieakteur

Robert Reed (19 Oktober 1932 – 12 Mei 1992) was 'n Emmy Award-genomineerde Amerikaanse verhoog- en televisieakteur.

Robert Reed
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Robert Reed in 1971

Geboortenaam John Robert Rietz
Geboorte 19 Oktober 1932
Highland Park, Illinois, Verenigde State
Sterfte 12 Mei 1992 (op 59)
Pasadena, Kalifornië, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, regisseur
Aktiewe jare 1957-92
Rolprente The Brady Bunch
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Biografie

Vroeë Lewe

Reed is gebore as John Robert Rietz, in Highland Park, Illinois, seun van Helen (née Teaverbaugh) en John R. Rietz. Reed het 'n groot gedeelte van sy jeug in Muskogee, Oklahoma geurgebring en later William Shakespeare bestudeer op kollege. Hy het gestudeer aan die Northwestern University waar hy 'n lid van Beta Theta Pi was en is later verskuif na die Royal Academy of Dramatic Arts in Londen Engeland.

Loopbaan

The Brady Bunch

Hy het bekendheid verwerf in die vroeë 1960's toe hy teenoor E.G. Marshall in die televisiedrama The Defenders van 1961 tot 1665 gespeel het, maar sy grootste roem was as die vader, Mike Brady, in die televisiekomedie The Brady Bunch, waarin hy van 1969 tot 1974 gespeel het. Van die begin van The Brady Bunch was hy ongelukkig met die rol en het hy gevoel om in die soms lawwe sitkom te speel benede sy ernstige Shakesperiaanse opleiding was. Ten spyte van sy misnoeë in die sitkom het hy baie van sy mede-akteurs gehou en is in 'n mate aanvaar as vaderfiguur deur sommige van die jonger akteur van die sitkom. In 'n poging om meer realisme tot die vertoning toe te voeg het Reed met die skepper daarvan, Sherwood Schwartz, geredeneer. Hy het Schwartz gereeld voorgekeer met geskrewe notas waarin hy weergee waarom 'n karakter se motivering nie sin maak nie of waarom dit verkeerd is om in een episode verskillende elemente, soos klugspel en satire, te kombineer. Een so 'n voorval het daartoe gelei dat Reed in die vertoning se laaste episode uitgeskryf is. Reed het egter die rol herhaal in die verskeidenheidsprogram, The Brady Bunch Hour asook The Brady Brides, verskeie Brady-rolprente wat eksklusief vir televisie gemaak is en nuwe reekse wat op The Bradys gevolg het.

Onderwyl The Brady Bunch vertoon is het Reed ook 'n herhalende rol as lt. Adam Tobias in die televisiedrama Mannix gehad wat van 1967 tot 1975 gedraai het.

Na The Brady Bunch

Aan die einde van The Brady Bunch in 1974 het Reed verhoogwerk gedoen en gereeld sy verskyning as gas gemaak op ander televisieprogramme en televisierolprente, o.m. Pray for the Wildcats in 1974. Hy het kritiese toejuiging ontvang vir sy vertolking as 'n dokter wat 'n geslagsverandering wil ondergaan in 'n tweedelige episode van Medical Center in 1975. Reed het ook in The Boy in the Plastic Bubble (1976), Rich Man, Poor Man (1976) en die minireeks Roots (1977) gespeel. Hy het verder sy verskyning as gas gemaak op Wonder Woman (1976) waar hy die rol van die Falcon vertolk het. Ander vername verskynings sluit in: Hawaii 5-0 (1979), Charlie's Angels (1980), Vega$ (1981) en Murder, She Wrote vir ten minste drie vertonings. Reed het die gereelde rol van dr. Adam Rose in die krities beoordeelde (dog kortstondige) hospitaaldrama Nurse vertolk gedurende die 1981-1982 televisieseisoen. In 1986 het hy die rol van Lloyd Kendall in die sepie Search for Tomorrow vertolk.

In 1971 was Reed was die verdedigende party in Anglia Television v. Reed, 'n belangrike saak in die Engelse gemene kontraktereg. Reed het die hofsaak verloor vir £2,750.

Persoonlike lewe

Reed was vir 'n kort rukkie met Marilyn Rosenberg getroud (1957-1959) en die paartjie het een dogter, Caroline Reed, wat in 1958 gebore is. Caroline het 'n klein rolletjie in 'n episode van The Brady Bunch, getiteld "The Slumber Caper" gehad. Haar karakter se naam was Karen en sy is erkenning gegee as "Carolyn Reed". Hierdie episode het Reed laat herenig met sy medespeler in The Defenders, E.G. Marshall. Reed het gevoel dat sy loopbaan van hom vereis het om stil te bly oor sy homoseksualiteit. Verskeie van sy manlike mede-akteurs het wel genoem dat hy hulle gedreig het na seks met hulle, omdat hy sy homoseksualiteit 'n geheim wou hou.

Robert Reed is in 1992, op die ouderdom van 59, oorlede in Pasadena, Kalifornië weens kolon- en blaaskanker; hy het op die tydstip aan Vigs gely. Hy is veras en sy as is begrawe in die Memorial Park Begraafplaas in Skokie, Illinois.

Verwysings

Tags:

Robert Reed BiografieRobert Reed VerwysingsRobert Reed12 Mei19 Oktober19321992Emmy

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anti-inflammatoriese middelPizzaVryheidsdagSwart nasionalismeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidDokterBruin menseVerkragtingWinterJaco JacobsSeevlakDrie-eenheidMiltLys van bekende Suid-AfrikanersEkonomieGroot vyfDesmond TutuPeach van PletzenWoordSkoenlapperVarkRooikatNeerslagGestremdheidVroueregteJan van TonderWaatlemoenSoogdierFilistyneHolocaustAfrikanersLys van Afrikaanse televisiereekseAustraliëKitaarNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVioolGoogleKunsmatige intelligensieBynierNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPoesMynbouOnomatopeeBeleggingDiepaartromboseKindersiektesGetalKlereHomoniemNasionale PartyWoordeboek van die Afrikaanse TaalMiddeloorontstekingProstaatkankerSosiale mediaMetafoorBiodiversiteitSwangerskapGedigSpysverteringstelselCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van veltoestandeLBelastingMenseregteOlifantVakbondRobbeneilandKorrupsieBeeldspraakMateriaalSonkragFisiese oefeningKonsonantEngeland🡆 More