Robert Downey Jr.: Amerikaanse akteur

Robert John Downey jr.

Sy loopbaan het groot sukses in sy jeug ingesluit, gevolg deur ’n tydperk van middelmisbruik en regsprobleme, en ’n terugkeer na kommersiële sukses in sy middeljare.

Robert Downey jr.
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Downey in 2014 op die San Diego-rolprentfees.

Geboortenaam Robert John Downey jr.
Geboorte 4 April 1965 (1965-04-04) (59 jaar oud)
Aktiewe jare 1970-tans

Loopbaan

Robert Downey Jr.: Amerikaanse akteur 
Downey in 1990 by die première van Air America.

Hy het sy rolprentdebuut op vyf jaar gemaak toe hy in sy pa, Robert Downey sr., se fliek Pound (1970) gespeel het. Hy het in prente verskyn wat met die destydse "Brat Pack" verbind is, soos die wetenskapsfiksiekomedie Weird Science (1985) en die drama Less Than Zero (1987). Ander prente waarin hy te sien was, sluit in die aksiekomedie Air America (1990), die komedie Soapdish (1991) en die misdaadprent Natural Born Killers (1994). Hy was Charlie Chaplin in die 1992-fliek Chaplin, waarvoor hy ’n Oscar-benoeming vir beste akteur gekry het.

Nadat hy in 2000 uit die Kaliforniese Middelmisbruikbehandelingsentrum en Staatsgevangenis vrygelaat is, waar hy weens dwelmaamklagte was, het Downey aangesluit by die televisiereeks Ally McBeal – hy was Calista Flockhart se liefde. Hy is geloof vir sy spel en het die Golden Globe vir beste manlike byspeler gewen. Sy karakter is uit die reeks geskryf toe Downey afgedank is weens twee inhegtenisnemings oor dwelms laat in 2000 en vroeg in 2001. Nadat hy weer in ’n rehabilitasiesentrum was, soos deur ’n hof gelas, was hy eindelik skoon.

Sy meer onlangse prente sluit in die musiekkomedie-misdaadprent The Singing Detective (2003), die gruwelprent Gothika (2003), die misdaadkomedie Kiss Kiss Bang Bang (2005), die raaiselriller Zodiac (2007) en die satiriese aksiekomedie Tropic Thunder (2008), waarvoor hy vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem is. Daarna was hy in die rol van die Marvel Comics-superheld Iron Man, asook in Guy Ritchie se Sherlock Holmes (2009) en sy opvolg, Sherlock Holmes: A Game of Shadows (2011).

Verwysings

Tags:

19654 AprilAkteurAmerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuskeljaatkatPerdHindoeïsmeKunsmatige intelligensieBreinLys van Joodse feeste en herdenkingsVarkgriepGrondbewerkingOraniaLys van Afrikaanse skrywersJansenvilleNG gemeente JansenvilleElektroniese of digitale mediaAardeNetbalDialoog in fiksieSonnestelselSoutsuurByAborsie in Suid-AfrikaSwawelInligtingSwart menseBelgiëAustraliëEtniese groepAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMenstruasieNederduitsch Hervormde KerkKletsrymDieregeluideJan van TonderErfenisPad na jou hartDepressie (gemoedstoestand)SkuinsstreepDricus du PlessisKolitisDistillasieYstervarkVergelykings (taalkunde)MIVGeprosesseerde kosDikdermTermietAspoestertjieGetalLys van elemente volgens simboolOmtrek, oppervlakte en volumeBosluisHeuningBiologieGlasBosluisbytkoorsPinksterTafelbergHamburgerSeksposisieKommunismeBybelHulpwerkwoordVlinderGrondsoorteSpreeuErns GrundlingHemelvaartsdagBrandmondsindroomKrokodilDrakensbergeThabo MbekiKookpuntTweede Nuwe JaarRekenaarVoortrekkersLionel MessiDroomOopbroninhoud🡆 More