Roald Dahl (1916–1990) was 'n Walliese romanskrywer, en kortverhaalskrywer, wat befaamd geraak het in die veertigerjare van die twintigste eeu weens sy kinder- en volwasse verhale.
Sy kinderboeke, soos Charlie and the Chocolate Factory en James and the Giant Peach, is tegelyk snaaks en vreesaanjaend.
Roald Dahl | |
---|---|
Roald Dahl in 1954 | |
Gebore | 13 September 1916 |
Sterf | 23 November 1990 (op 74) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Romanskrywer, digter, draaiboekskrywer |
Bekend vir | Charlie and the Chocolate Factory, James and the Giant Peach, Fantastic Mr Fox, Matilda, The Witches, The Twits, The BFG, The Gremlins, George's Marvellous Medicine, Danny, the Champion of the World, The Wonderful Story of Henry Sugar and Six More, My Uncle Oswald, Tales of the Unexpected |
Eggenoot | Patricia Neal (1953–1983 geskei) Felicity Ann d'Abreu Crosland (1983–1990, sy dood) |
Kinders | Olivia Twenty (1955–1962) Chantal Tessa Sophia (* 1957) Theo Matthew (* 1960) Ophelia Magdalena (* 1964) Lucy Neal (* 1965) |
Ouer(s) | Harald Dahl Sofie Magdalene Dahl (née Hesselberg) |
Webwerf | www.roalddahl.com |
Roald Dahl is op 13 September 1916 in Llandaff, Cardiff, Wallis gebore. Sy ouers was Noorweërs, Harald en Sofie Magdalene Dahl wat in die vorige eeu se tagtigerjare soontoe emigreer het. Sy vader sterf aan longontsteking toe hy vier jaar oud is.
Omdat hy lank was – 1,98 m as volwassene – het hy goed presteer in sport op skool. Sy vakansietye het hy gewoonlik in Noorweë deurgebring.
Na skool begin hy werk by die Shell-maatskappy, en word na twee jaar se opleiding verplaas na Dar-es-Salaam, Tanganjika (nou Tanzanië). Dahl sluit aan by die Britse lugmag in November 1939. Hy doen vliegsendings in Afrika en in Irak.
Op 19 September 1940 stort sy vliegtuig in Libië neer nadat hy nie 'n landingstrook kon vind nie. Hy breek sy skedel en word tydelik verblind in die ongeluk. Nietemin herstel hy sodanig dat hy weer kan vlieg. Mettertyd ontwikkel hy egter verblindende hoofpyne en word hy terug na Brittanje gestuur. Hy word in 1942 na Washington, D.C. verplaas as attaché, en verskaf intelligensie, met die goedkeuring van die Britse regering aan William Stephenson, 'n beroemde Kanadese spioen.
Op 2 Julie 1953 trou hy met 'n Amerikaanse aktrise, Patricia Neal, in New York. Hulle was 30 jaar lank getroud, en het vyf kinders, waarvan die oudste op sewejarige ouderdom sterf aan breinvliesontsteking. Na sy egskeiding trou hy met Felicity ("Liccy") d'Abreu Crosland, twintig jaar jonger as hy.
Hy is op 23 November 1990 in Buckinghamshire aan 'n vorm van bloedkanker oorlede.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Roald Dahl, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.