Rigveda

Die Rigveda of Rig Veda (Sanskrit: ऋग्वेद, van ऋच् ṛc, "lof", en वेद veda, "kennis") is ’n antieke Indiese versameling Sanskrit-gesange. Dit is een van die vier kanonieke heilige geskrifte (śruti) van Hindoeïsme wat as die Vedas bekend is.

Rigveda
Die vier Vedas.
Die vier Vedas.
Godsdiens Hindoeïsme
Taal Sanskrit
Tydperk c. 1500-1000 v.C.
Inhoud
Hoofstukke 10 mandalas
Verse 10 552 mantras
Rigveda
’n Rigveda-manuskrip in Devanagari, vroeg 19de eeu.

Die Rigveda is die oudste bekende Vediese Sanskrit-geskrif en een van die oudste bestaande geskrifte in enige Indo-Europese taal. Die inhoud van die Rigveda is sedert die 2de millennium v.C. mondeling oorgedra. Filologiese en histories linguistiese bewyse dui daarop dat die grootste deel in die noordwestelike streek van die Indiese subkontinent saamgestel is, heel moontlik tussen omstreeks 1500 en 1000 v.C., hoewel omstreeks 1700 tot 1000 v.C. ook al aangedui is.

Die geskrifte bestaan uit verskillende dele, die Samhita, Brahmanas, Aranyakas en Upanishads. Die Rigveda Samhita is die kernteks; dit is ’n versameling van 10 boeke (mandalas) met 1 028 gesange (suktas) in sowat 10 600 verse (ṛc). In die agt boeke wat eerste saamgestel is – Boek 2 tot 9 – bespreek die gesange hoofsaaklik kosmologie en prys gode. Die onlangser boeke – Boek 1 en 10 – behandel deels ook filosofiese en spekulatiewe vrae, deugde soos dana (welsyn) in die gemeenskap, vrae oor die oorsprong van die heelal en die aard van die goddelike, en ander metafisiese kwessies.

Sommge van die verse word steeds tydens Hindoevierings van deurgangsrites (soos troues) en gebede opgesê, wat dit waarskynlik die wêreld se oudste godsdiensgeskrif maak wat aaneen gebruik is.

Verwysings

Skakels

  • Rigveda  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PerdebyeBeeldspraakArendNetbalEienaamTolla van der MerweKrokodilWapen van NamibiëVincent van GoghBeroerteDie Stem van Suid-AfrikaPeriodieke tabelSonNadia ValvekensLys van politieke partye in Suid-AfrikaHartversakingHolocaustLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMisdaadromanJewgeni PrigozjinSuid-Afrikaanse ReserwebankEk is 'n Afrikaan (toespraak)Erica BoyerKoorsblaarLien se lankstaanskoeneWêreld- Ekonomiese ForumMilitêre diensplig in Suid-AfrikaKnieKernkragWet op Bantoe-onderwysGqeberhaSuid-Afrikaanse WeermagNasionale VrouedagWitbloedselJSEWiki CommonsRassismeCovid-19-pandemieOlimpiese SpeleBrongitisPersoonlikheidIndustriële RevolusieHoofstadBrittany Ashton Holmes2001VeerSwedeTweede WêreldoorlogSoortnaamTopsy SmithYslandZoeloeInfeksieYouTubeHokkieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022DrinkwatervoorsieningHandelsmerkAfleiding (taalkunde)D.J. OppermanDemokrasieKerrieDeelwoordHerpes simplexDermpoliepVakbondDigvormKlankSeksSout (chemiese stof)Delft, KaapstadGrootste rampe in Suid-AfrikaSeksposisieTarentale🡆 More