Ridderroman

’n Ridderroman (ook ridderepiek of ridderverhaal) is ’n Middeleeuse berymde verhaal waarin ridders as helde optree, en het aan die einde van die elfde eeu in Frankryk ontstaan.

Dit was veral populêr onder die aristokrasie van die hoë Middeleeue en vroeë Moderne Europa. Dit is fantastiese stories oor wonderbaarlike avonture van soekende rondreisende ridders, uitgebeeld met heroïese eienskappe. Die klem gelê op heteroseksuele liefde en galante maniere onderskei dit van die chanson de geste en ander tipe epiek, waar manlike militêre heroïsme vooropgestel word. Populêre letterkunde leen ook uit hierdie tema, maar met ’n ironiese, satiriese of burlesk oogmerk. Ridderverhale het legendes, sprokies en geskiedenis herverwerk om aan te pas by lesers en aanhoorders se smaak, maar teen circa 1600 was dit uit die mode en is dit skitterend satiries saamgevat deur Miguel de Cervantes in sy roman Don Quichot. Tog word die moderne uitbeelding van "Middeleeus" meer deur die ridderroman beïnvloed as enige ander Middeleeuse genre, en die woord "Middeleeus" roep altyd beelde op van ridders, prinsesse in die knyp, drake en ander romantiese stylfigure.

Ridderroman
Ywain veg met Walewein. Middeleeuse verlugting uit Chrétien de Troyes se roman, Yvain, le Chevalier au Lion

Oorspronklik is ridderliteratuur in Oudfrans, Anglo-Normandies en Oksitaans, en later in Engels en Duits geskryf. Gedurende die vroeg dertiende eeu is ridderromans toenemend as prosa geskryf. Latere romans, veral die van Franse oorsprong, het ’n merkbare geneigdheid gehad tot die uitlig van temas oor hoofse liefde soos getrouheid in teëspoed.

Gedurende die Gotiese herlewing, vanaf circa 1800 het die konnotasie met ridderverhale verskuif van die magiese en fantastiese na die effens onheilspellende "Gotiese" avontuurverhale.

Verwysings

Tags:

Chanson de gesteDon Quijote (boek)EpiekGedigIronieLegendeMiguel de CervantesSatireSprokie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vars waterHomoniemByvoeglike naamwoordDemokratiese Republiek die KongoMartin Luther King jr.SenuweestelselSinoniemJode in Suid-AfrikaBlourokkeStokely CarmichaelDesmond TutuTropiese sikloonPretoriaRobbeneilandRassismeVolhoubare ontwikkelingDokterWoordeskatPlae van EgipteReënspinnekopPubiese hareGroepsgebiedewetCounter-Strike 2SnaarinstrumentJohannes MeintjesMisdaadBesoedelingNedersettingSonnestelselTatoeëermerkLenteKarooKultuurEienaamVoortrekkermonumentGrondInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandGreen PornoEreksieBreinKatoenJeuksiekteTydsoneHamburgerSeevlakstygingRenosterWortelPlantluisTweede Nuwe JaarJagluiperdNasionalismeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDirekte en Indirekte redeBysteekWeer (meteorologie)ProteaJohannesburgStaalKolorektale kankerHibernasieWoudFotosinteseNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKunselementeErosieKatOnderwysKankerNederlandMenseregtedagEugenetikaSelakantHeupvervangingKonjunktivitisSpeelkaartSikloon🡆 More