Rick Turner: Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis (1941-1978)

Richard Turner (25 September 1941 op Stellenbosch - 8 Januarie 1978, Durban), bekend as Rick Turner, was 'n Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis wat in 1978 vermoor is, moontlik deur die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte.

Nelson Mandela het Turner beskryf as 'n bron van inspirasie.

Lewe

Turner matrikuleer aan die St George's Grammar School, Kaapstad in 1959 en studeer aan die Universiteit van Kaapstad waar hy in 1963 'n B.A. Honneursgraad behaal. Hy het sy studies aan Sorbonne in Parys voortgesit waar hy filosofie onder Henri Lefebvre studeer en 'n doktorsgraad ontvang vir 'n proefskrif oor die Franse intellektueel, Jean-Paul Sartre.

Hy het in 1966 na Suid-Afrika teruggekeer en vir twee jaar op sy ma se plaas in Stellenbosch gewerk voordat hy aan die universiteite van Kaapstad, Stellenbosch en Rhodes klas gegee het. In 1970 verhuis hy na Natal en word 'n senior lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Natal. Dieselfde jaar ontmoet hy Steve Biko en die twee vorm 'n noue band om die leierfigure in The Durban Moment te word.

Turner het 'n prominente akademikus aan die Universiteit geword en 'n leidende rol in die radikale filosofie in Suid-Afrika gespeel, en 'n aantal artikels gepubliseer. Sy werk is geskryf uit 'n radikale eksistensiële perspektief en beklemtoon die deugde van die volksdemokrasie van onder af teen outoritêre Stalinistiese en Trotskistiese linkse groepe . Hy was 'n sterk voorstander van werkerbeheer en 'n kritikus van die vernouing van politiek na partypolitiek.

Werke

In 1972 het Turner 'n boek geskryf met die naam The Eye of the Needle - Towards Participative Democracy in South Africa. Die Suid-Afrikaanse owerhede was van mening dat die boek 'n sterk invloed op opposisiedenke kon uitoefen met die pleidooi vir 'n radikaal demokratiese en nie-rassige Suid-Afrika. So 'n samelewing, het hy aangevoer, sou blankes sowel as swart mense bevry.

In 1973 publiseer hy 'n wyd invloedryke artikel met die titel "Dialectical Reason" in die Britse joernaal Radical Philosophy. In dieselfde jaar is hy vir vyf jaar deur die Suid-Afrikaanse owerhede ingeperk. Hy mag nie sy twee dogters of sy ma besoek nie en moes in die Durban-omgewing bly. Alhoewel hy verbied is, het dit hom nie verhinder om hom uit te spreek nie en in April 1973 het Turner en ander verbode persone 'n Paastydvas begin om die lyding wat inperking van mense veroorsaak, te illustreer. Die vas is ondersteun deur die Pous en die Aartsbiskop van Kantelberg. Na sy verbanning het Turner sy personeellidstatus aan die Universiteit behou, alhoewel hy nie toegelaat is om lesings te gee nie.

Politieke aktivisme

Hy het in Maart 1976 as 'n verdedigingsgetuie die SASO-terreurverhoor van nege leiers van die Swartbewussynsbeweging bygewoon waar hy getuig het oor die teorieë wat in The Eye of the Needle uiteengesit het. In November 1976 ontvang Turner 'n Humboldt-vennootskaptoekenning, een van die wêreld se voorste akademiese toekennings van Heidelberg Universiteit, maar na maande se onderhandeling met die Minister van Justisie is toestemming geweier om na Duitsland te reis. Turner was ook betrokke by die opkomende swart vakbondbeweging van die 1970's, hoewel die verhouding soms gestrem was.

Sluipmoord

Op 8 Januarie 1978 word Turner deur 'n venster van sy huis in Daltonlaan, Bellair ('n voorstad van Durban), geskiet en het in die arms van sy 13-jarige dogter, Jann, gesterf. Na maande se ondersoeke het die polisie-ondersoek geen leidrade opgelewer nie, en sy moordenaars is nooit geïdentifiseer nie. Daar word egter algemeen geglo dat hy deur die veiligheidsdienste vermoor is.

Nalatenskap

Hy word erken as een van die belangrikste akademiese filosowe wat uit Suid-Afrika gekom het. Sy werk word steeds in populêre radikale bewegings gelees en Suid-Afrikaanse akademici soos Anthony Fluxman, Mabogo Percy More, Andrew Nash en Peter Vale maak steeds van sy werk gebruik.

Familie

Turner se eerste vrou, Barbara Follett, het later 'n Britse parlementslid van die Arbeidersparty geword.

Verwysings

Werke deur Rick Turner

Artikels oor Turner

Eksterne skakels

  • Rick Turner: Lewe, Werke, Politieke aktivisme  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Rick Turner LeweRick Turner WerkeRick Turner Politieke aktivismeRick Turner SluipmoordRick Turner NalatenskapRick Turner FamilieRick Turner VerwysingsRick Turner Werke deur Rick Turner Artikels oor TurnerRick Turner Eksterne skakelsRick Turner1941197825 September8 JanuarieDurbanNelson MandelaStellenboschSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PaddaEkonomieLien se lankstaanskoeneFanie ViljoenDesmond TutuLeonardo da VinciMandalaVlinderBrittany Ashton HolmesAdolf HitlerOseaanJan van TonderSirkusKanadaEkostelselLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaMobutu Sese SekoLugbesoedelingSwart nasionalismeKoue OorlogVleilandDemografie van Suid-AfrikaToestand van materieRubik se kubusSwangerskapAfrikanersTekstielKolitisSkuinsstreepFabelLeesKimberleySowjetunieHulpwerkwoordLyfstraf in skoleKolonisasieKunsSeptimius AwardsPinksterHelpmekaar-kollegePad na jou hartKrokodilNelson MandelaLemoenKaartInternetWiki CommonsImpakte van toerismeBesoedelingTransatlantiese slawehandelVolhoubaarheidAborsieSlag van Cuito CuanavaleMaagsweerWoordsoortVersoeningsdagKoerantEkonomiese sektorRivierErektiele disfunksieAluminiumPriemgetalDistillasieLys van kinderspeletjiesRefentse MorakeKlimaatsverandering in AfrikaAfrikaansWes-KaapWinnie Madikizela-MandelaGawes van die Heilige GeesBoelieryGeboorteRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Mielie🡆 More