Riaan Cruywagen: Suid-Afrikaanse televisienuusleser en stemkunstenaar

Riaan Cruywagen (* 5 Oktober 1945) is ’n Suid-Afrikaanse televisienuusleser en stemkunstenaar wat sedert 1975 by die SAUK en hul eerste televisie-uitsendings betrokke was.

Cruywagen het oor sy loopbaan meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen. Sy finale uitsending op SABC2 was die aand van 26 November 2012.

Riaan Cruywagen
Riaan Cruywagen: Loopbaan, Akteur, Filmografie
Riaan Cruywagen tree as seremoniemeester op tydens Huisgenoot se 100ste verjaardagpartytjie
Gebore5 Oktober 1945 (1945-10-05) (78 jaar oud)
BeroepNuusleser
Stemkunstenaar
Termyn1975-
EggenootRiana
KindersEen dogter, Anita

Loopbaan

Cruywagen wou aanvanklik ’n vlieënier van passasiersvliegtuie word. Hy begin egter sy loopbaan in 1965 as ’n joernalis waarna hy deeltyds by die SAUK in Kaapstad werk terwyl hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

In 1975 was hy ’n TV-nuusregisseur en moes op 26 November 1975 om 20:00 onbepland en onverwags as ’n nuusleser instaan. Die eerste storie wat hy die aand gelees het was oor die vonnisoplegging van Breyten Breytenbach tot nege jaar tronkstraf.

In Junie 2003, na openbare ontstokenheid oor berigte dat Cruywagen se kontrak by die SAUK nie hernieu sou word nie, is ’n skikking tussen die SAUK en UASA (United Association of South Africa) bereik. Sy kontrak is hernieu, en dit is aangekondig dat hy vir ’n tydperk met sy pligte sou voortgaan. Na aanleiding van sy afwesigheid van die nuusspan tydens hierdie besprekings, het die Suid-Afrikaanse musiekgroep Zinkplaat die liedjie "Waar is Riaan" opgeneem.

Riaan Cruywagen: Loopbaan, Akteur, Filmografie 
Vreemde graffiti by Kayamandi, Stellenbosch.
Riaan Cruywagen: Loopbaan, Akteur, Filmografie 
Riaan Cruywagen lees die nuus op TV.

Cruywagen se naam het tydens sy langdurige loopbaan sinoniem geraak met Afrikaanse televisienuus. In die middel van die dekade 2000, na die kontrakhernieuwingskwessie, was Cruywagen weereens vir ’n tydperk in die fokus van populêre kultuur in Suid-Afrika, toe ’n aantal humoristiese e-posse en internetbladsye, wat oorspronklik na Chuck Norris en David Hasselhoff verwys het, gewysig is met sy naam in plek van hulle s’n. Humor met ’n Suid-Afrikaanse tema in ’n soortgelyke trant is ook gesirkuleer, meestal met verwysing na sy voortgesette jeugdige voorkoms en intellektuele vermoëns.

Hy het op Maandag 26 November 2012, op die dag en datum 37 jaar nadat hy by die SAUK begin werk het, afgetree, maar het egter nog 'n paar jaar lank as nuusleser en mede-aanbieder op kykNET se daaglikse ontbytprogram opgetree.

Akteur

Cruywagen was die stemkunstenaar vir die karakter Haas Das op die gewilde Afrikaanse kindernuusprogram Haas Das se Nuuskas. Daar was selfs sprake van ’n moontlike terugkeer van die program ná ’n lang afwesigheid.

Cruywagen het in rolprente verskyn waar hy gereeld homself as nuusleser vertolk het, insluitende ’n verskyning as Zoeloe-nuusleser in Leon Schuster se Sweet ’n Short-fliek. Hy het ook verskyn in die film Stander as a nostalgiese herinnering aan sy lang loopbaan as nuusleser.

Filmografie

  • Haas Das se Nuuskas (1976 – televisiereeks)
  • Sweet ’n Short (1991 – film)
  • Stander (2003 – film)
  • Haas Das hou konsert (2007 – film)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Riaan Cruywagen LoopbaanRiaan Cruywagen AkteurRiaan Cruywagen FilmografieRiaan Cruywagen VerwysingsRiaan Cruywagen Eksterne skakelsRiaan Cruywagen19455 OktoberSAUKSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonpaneelKarooNatuurbewaringRenosterSelfstandige naamwoordNiersteenBreinkaartSkoenlapperJodeLimfvatstelselLeeuGemeenskapsorganisasieKaapstadBestuiwingVakbondDrie-eenheidSoweto-opstandWiki CommonsUitwerking van klimaatsveranderingGawes van die Heilige GeesPankreasSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMigrasie van diereAnale seksRomanTuberkuloseReënspinnekopRudi ClaaseSirkelDiskriminasieDurbanGroot TrekMenseregteRobbeneilandStereotipeLys van kleureGeslagsgelykheidNamibiëFamilie (verwantskap)HamburgerGeskiedenis van Suid-AfrikaEmosieMotorvoertuigKoedoeVervoerSkilpadMuishondAsiëMikro-ekonomieCovid-19-pandemieAntoniemTropiese sikloonVarkBurgerregteSpringbokKaapstadse waterkrisis 2015-2018Grondwet van Suid-AfrikaOopbroninhoudHorlosieJuraChemiese elementSeksuele penetrasieWet op BevolkingsregistrasieAbsolute monargieWaatlemoenSelfmoordVratWoordeboekJan van RiebeeckKimberleyNatuurlike hulpbronKrieketPizzaTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Sosiale mediaSeksuele opwekkingOnse Vader🡆 More